Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1358 resensies.
"Daar is pragtige plekke om te besoek. Reinet Huis is 'n museum op sy eie en die vetplantversameling by Obesa is om van te droom."
"Die toeriste bedryf moet sterk steun op die infrastruktuur van die dorp."
"Die Plek van Verlatenis is 'n absolute moet, dit het die ver ry die moeite werd gemaak, absoluut asemrowend."
"Hierdie bly maar net 'n mooi dorp en natuurlik maak die pragtige kerk dat ek weer en weer wil terugkeer. "
"Nice town with beautifull cape-dutch houses and blessed with very beautifull surroundings."
"Ons het Nieu Bethesda besoek. Die heerlikste kos geëet by die Tower restaurant. Puik gewees. Uilhuis besoek. Baie mooi en baie interessant gewees. Sal graag wil teruggaan en meer van die omgewing wil sien. Baie vriendelike mense in die omgewing."
"Selfs my studente dogters en my tienerseun het Reinet huis geniet. Dis 'n moet. Iets vir elkeen om te sien en te waardeer. En net een blok se stap van die gastehuis af."
"Opvallend dat al die mense Afrikaans praat en baie vriendelik en hulpvaardig is. Voorwaar 'n aangename paar dae daar deurgebring. Baie om te sien en bekostigbaar vir 'n gesin. "
"Pragtige plekke naby bv. Karoo-landskappe, die Uilhuis en Nieu-Betesda, genoeg om jou besig te hou. Ander gaste in die gastehuis kom gereeld hierheen vir paar dae vakansie in die omgewing. Ons het dit baie geniet en sal weer daar gaan toer."
"Graaff-Reinet is 'n wonderlike toeristebestemming. Die dorp het 'n baie interessante geskiedenis, lyk voortvarend met heerlike 'coffee shops' en interessante winkels, terwyl die omgewing pragtig is."
"Baie historiese besienswaardigheid. Sal graag weer Graaff-Reinet wil besoek en in een van die kothuise bly."
"'n Baie rustige dorp en die inwoners is baie vriendelik. Sal definitief weer daar 'n draai maak."