Geverifieerde Resensie
Hartenbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartenbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 825 resensies.
"Met die nuwe ontwikkeling, wil dit voorkom of daar nie werklik 'n einde in sig is nie. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word en wat 'n jammerte dat daar reeds onderhoud gedoen word aan struktuur wat nie eers 'n jaar oud is nie."
"Miskien beter pad tekens. baie mense het hul doodgesoek na die warm swembad. As jy nie die dorp ken nie, sukkel jy nogal, en moet ander mense vra."
"Ons geniet dit om in Hartenbos vakansie te hou aangesien ons lekker kan stap sonder om oor ons veiligheid bekommerd te wees. Die walvisse was net min vanjaar, maar dis nie Hartenbos se skuld nie."
"Die opgradering vir die toeriste area is werklik 'n aangename verrassing! Die warmwater swembad en gym is nou bure. Lieflike wandelpad op die seefront weer jy dan die nuwe waterwurm aanskou. Ongelukkig is daar geen uitdaging vir die vroeëre 3-in-'n-ry blou spoegbakke nie. Daai waterval was darem dermknoop-opwindend. Huidiglik is dit baie mak. Talle klein winkeltjies staan styfgestop en winkend vir die met geld wt pla!"
"As oud Mosselbaaier, sal Hartenbos my altyd na aan die hart bly. Baie sentraal, jy kan lekker dag uitstappies na naburige dorpe hê."
"Buite seisoen baie stil. Daar gaan nie veel aan nie. In seisoen is dit baie besig, met duisende mense, maar ons hou daarvan so, want ons wil ook deel van die baie wees. Baie konserwatief, spreektaal is Afrikaans."
"Die Karoo by die see - 'n winterverblyf is verrassend matig en veel rustiger as in die somer."
"Een van ons Top 10 vakansieplekke, en daar is min plekke wat so lekker atmosfeer het. "
"Altyd lekker om in Hartenbos en die omgewing te wees. Vriendelike mense en lekker eetplekke!"