Geverifieerde Resensie
Herold's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Herold's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 211 resensies.
"Heroldsbaai kort bietjie meer geriewe soos 'n ATM en meer restaurante, maar tog 'n rustige plek om tuis te gaan."
"As jy 'n baie rustige plekkie wil besoek is Heroldsbaai beslis die bestemming. Dit was glad nie besig nie, dit is seker heeltemal anders in Desember."
"Heroldsbaai kort net 'n ordentlike Spar en moontlik nog so 2/3 uiteet-plekkies... sodat dit nie nodig is om na George te gaan vir inkopies nie."
"Heroldsbaai is 'n GREAT vakansie bestemming. Danke Ma is op 'n UITSTEKENDE ligging geleë."
"Ongelooflik mooi en stil. Na ons besoek verlede week is ek verbaas oor die aantal vakansie-oorde! "
"Ek geniet Heroldsbaai baie. Die natuurskoon is wonderlik, die staproetes is pragtig, die strand is pragtig. Al wat ek sou verander, is om al daardie reuse vakansiehuise terug te wil verander na die pragtige, eenvouding, nostalgiese huise van die vorige generasie. "
"Lekker vakansiebestemming - op die strand, maar ook lekker naby baie ander interessante doendinge. Winter miskien nie die beste tyd om dit te besoek nie."
"Heroldsbaai is voorwaar die beste plek om te bly. Dit is naby aan George Lughawe, Mosselbaai, Hartenbos, George, Knysna, Oudtshoorn en etlike ander plekke wat mens moet besoek wanneer met verlof in die Suid-Kaap. Heroldsbaai se strand is pragtig en skoon. Mens kan lekker rondloop en voel te alle tye veilig."
"Heroldsbaai is klein en baie pragtig. Dit is 'n uitstekende basis om die res van die Suid-Kaap te besoek as dagritte."
"Rustige omgewing vir die wat nie gedurig vermaak en aksie soek nie. Pragtige omgewing met baie plant- en voëlsoorte."