Geverifieerde Resensie
Hibberdene
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibberdene bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 165 resensies.
"Ons sal aanbeveel dat gaste hulle kruideniersware bring. Die winkel daar was ongelooflik besig."
"Die strand waar ons was is absoluut van die beste. Jy kan wel nie daar swem nie maar die strande en seewater is helder skoon. Dit is 'n pluspunt vir Hibberdene, maar geriewe soos plekke waar jy kan eet en kos bestel skiet ver te kort. Maar dit is nogsteeds 'n aangename plekkie om vakansie te hou."
"Hibberdene is a great place if you looking to just relax, a small community, lovely beaches. I think they can do with some more variety of shops, activities and eateries to attract more holiday goers but otherwise, there are more attractions just a small drive away to the surrounding towns."
"Ons was teleurgestel met die dorp in die algemeen, die infrastruktuur en netheid van hoofstrand laat veel te wense oor. Rommel word duidelik nie opgetel of verwyder nie. Ons het meer as een asblik omgekeer gevind. Daar is verskeie rondloperkatte te sien. Ons het ook 'n paar keer onveilig gevoel en liewer die strand verlaat. Dit wil voorkom of die munisipale strand as oornagplek deur rondlopers gebruik word, en ons is aangeraai om nie na donker op die strand te gaan nie. Die verval is ook dan seker maar tekenend van toestande elders in land, maar mens sou verwag dat die owerhede in die gebied 'n bietjie ekstra sal doen om die kwynende toerisme te red."
"Nee wat, hier gaan niks aan nie, maar die idee was om in stiller area te bly. Maar soos baie van die Suidkus-dorpies, is dit kwaai vervalle. Dit het darem paar basic winkeltjies, maar nie my gunsteling-Suidkus-dorpie nie."
"Baie inwoners, dronk op strand, gooi papiere. Dorp self moeite probeer om skoon en netjies te maak. Strandbadkamer was altyd mooi skoon."
"Hibberdene is a small town, but if you are going for the sea, fresh air, warm weather, dolphin and whale views and access to some private, quiet beaches, it is perfect. Local shops are fine for a quick visit, but rather drive a bit further towards Port Shepstone for greater variety. We took our 4 dogs and had a magical beach holiday with them."
"Hibberdene is baie gerieflik. Klein dorpie met alles. Strande is ook baie skoon. Net bedagsaam wees met besittings. Umzumbe strand naby met goeie geriewe."
"Nie veel om in Hibberdene self te doen nie. Dis meer vir mense wat net wil rus. En nie ordentlike restaurante nie. Daar is Jolly Roger op die strand. Die kos was lekker en bekostigbaar, maar die mense was maar bietjie vreemd. Margate is so 25 minute se ry, maar mens ry dit vinnig, want die pad is baie mooi."
"Mooi strand, nie hondevriendelik nie. Sunwich Port meer geskik vir honde. Hibberdene het alles wat jy nodig het. The Jolly Roger op hoofstrand, hondevriendelik en maak lekker kos."
"Die dorp is vuil, baie inwoners gee nie om oor hoe dit lyk nie terwyl hulle vullis net rondgooi en op die strand los."
"Hibberdene het baie potensiaal, maar hul sal moet werk aan die water probleem, mens kan nie vakansie hou by die see sonder water, nie totaal onaanvaarbaar."
"Met die pensioendae was die SuperSpar baie gepak wat seker slegs nou met Covid 'n probleem was omdat jy nie in 'n besige winkel wil wees, maar glo as daar nie 'n pandemie is sal dit seker nie 'n probleem wees. Gelukkig is dit nie vêr om te gaan na Orbi Gorge en so ook Crocworld, so ons het die uitstappies geniet wat ook in oop lug was en nie in toe geboue."
"Weens Covid-regulasies kon ons nie na die swemstrand faan nie. Hibberdene het alles wat nodig is, maar gerieflike aankope van goeie gehalte is beter by Port Shepston."