Geverifieerde Resensie
Hibberdene
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibberdene bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 165 resensies.
"Ons het elke dag Shelly beach toe gegaan, want daar is meer te doen vir my twee tiener seuns."
"Daar is 'n lieflike strand met tafeltjies en koeltebome, 'n restaurant/kroeg. Genoeg winkels met als wat benodig word."
"Hibberdene is nie werklik meer die veiligste vakansiedorp nie, maar ons geniet dit vreeslik daar. Dit is nie so oorweldigend vol soos Margate nie. Ons gaan gereeld na Hibberdene."
"Ons het nie baie van die strand by Hibberdene gehou nie. Daar is net een restaurant waar jy kan sit en eet. Die winkels wat daar is vir inkopies is pateties en jy staan in verskriklike lang rye om te betaal. Wil nie weet hoe dit sal wees in die skoolvakansie as almal daar is nie."
"Die verblyf is wonderlik en ons het heerlik gerus. Die uitsig van elke venster in die woonstel is fantasties. Wanneer ons iets wou gaan doen het ons egter meestal na een van die ander strande gery, maar dit is nie ver nie"
"Dit is 'n baie rustige plek, met vriendelike mense. Die vis by Fifi's Fresh Fish is uit die boonste rakke."
"Hiberdene is baie meer bekostigbaar as die ander plekke op die die Suidkus en is naby genoeg om al die ander strande te besoek. Hiberdene is ook nie so druk besig met hoë seisoen nie. Dit is ook gerieflik met die winkels wat daar naby is met baie lekker wegneem etes en ook 'n kuierplek by die hoofstrand."
"Ons het vining by die seefront draai gaan stap, kuiertyd was beperk, maar dit was prentjiemooi!"
"Love the area. Over the years when we have been able to go on holiday it's always been Hibberdene."
"Ver van behoorlike winkels en swemstrand. Strand was nie skoon tydens ons kuier nie en nie swemvriendelik nie."
"Sal nie aanbeveel oor nuwe jaar nie, was verskriklik besig en uiters gepak."
"Dit is 'n wonderlike strand, baie veilig vir groot en klein met die lewensredders en die strand is skoon en netjies. "
"Die hele suidkus is baie verwaarloos wat 'n jammerte is, Hibberdene se hoofstrand se toilette was netjies en skoon. Ook ander kleiner strandjies met lekker rotspoele om in te speel."
"Strand is net baie vuil m.b.t. plastiek en glasbottels. Mense wat die strand besoek het geen respek vir die natuur of ander mense nie. "
"Hibberdene is een van die lekkerste swemstrande - enige mens wat nog nie daar was nie, mis uit op iets groot en kies dan sommer Hibberene River Resort. Excellent diens en jy verdien 'n blaaskans in stilte en `n veilige resort!"
"Hibberdene self is baie privaat en het als wat mens benodig, maar sommige van die winkels is bietjie crowed."