Geverifieerde Resensie
Jacobs Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jacobs Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 566 resensies.
"Jacobsbaai is 'n gem wat nog nie ontdek is nie. Hoop dit bly so. Bly ons kon 'n naweek daar deurbring. "
"Jacobsbaai is wonderlik vir die person wat wil weg kom van die vertrapping van die groter dorpe, maar dit is naby genoeg dat as jy lus is vir Mall is Vredenburg 'n hanetreetjie van jou af met 'n pragtige Mall. "
"Jacobsbaai is a quiet village close to Saladanha (just 10 mins off the R27), and 10 minutes from the Weskus Mall where you can stock up on everything. In the village itself there is only one little shop, so take your favourite foods along. Jacobsbaai is in a good central location to explore surrounding areas such as Saldanha, Paternoster, Tietiesbaai and Cape Columbine Lighthouse, etc. If you looking for peace and relaxation - this is where you need to go. Note this is a dry, hot and often windy area, so plan and pack accordingly."
"As jy gaan om rustig by jou huis te ontspan of kwaliteit tyd te spandeer met vriende of jou ander helfde is hierdie perfek. Mens gaan beslis nie vir die "entertainment" van die dorp nie. "
"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie wat rustigheid vir jou siel verskaf - wonderlike rusplek vir 'n naweek weg."
"Dis 'n mooi en rustige omgewing. Die nodigste is daar insluitend 'n goeie restaurant en verder is Saldanha en Vredenburg (met sy mall) om die draai."
"Ek wil nie graag se dit is 'n uitstekende bestemming nie want ek is bang dit word oorval. Dit is so rustig. Sal baie graag Jacobsbaai in die somer wil besoek."
"As 4x4 toeroperateur sal ek steeds die Weskus as bestemming bemark, maar nie noodwendig Abelone nie..."
"Die rus en vrede, die ongereptheid en natuur is onbeskryflik. En daar is baie te doen in die omgewing as mens wil bedrywig of aktief wees. "
"Oulike winkeltjie by Jacobsbaai se ingang. Die huise en tuine in Jacobsbaai is oor die algemeen baie netjies en goed versorg."
"Pragtige plek, rustig, sonder lawaai en aan te beveel vir mense wat uit die stadsgedruis wil wegkom."
"Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly."