Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1352 resensies.
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Marina Martinique B&B"Die ligging is beslis 'n pluspunt en dit is baie stil en rustig."
"Baie oulike dorpie. Ons oorweeg dit om oor die Desembervakansie weer terug te kom."
"Wavecrest is die moeite werd, baie branderplankryers, Nina's kan ek aanbeveel."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Marina Martinique 1297"Ons het heerlik gekuier by Marina Martinique."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Marina Martinique B&B"Fantasties - vyfster-gehalte in alle opsigte."
"Jeffreysbaai is 'n pragtige plek, baie skoon en het baie vriendelike mense. Ons het sommer tuis gevoel. Wanneer ek aftree sal ek graag vir ons 'n strandhuis daar koop."
"Baie vermaak vir kinders en ook 'n paar gawe restaurante. Sal hom weer in die toekoms besoek."
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."
"Was heerlik en rustig, selfs met die hoofpad wat baie verkeer dra in die hoogseisoen."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Claptons 18 Jeffreysbaai"Die kanaal bied 'n interessante ekstra element aan die vakansie. "
"Wavecrest is baie goed geleë. Lieflike strand! Dit is uit die gewoel, maar steeds naby die besighede."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Watersideliving - Cove 26"Uitstekende plek. Ek sou baie graag eendag daar wil aftree."
"Wonderlike plek, maar die teerstrate is in 'n baie slegte toestand. Vol lelike, groot gate – dis baie gevaarlik!"
"Vir 'n eerste besoek, sal ek definitief weer gaan. Daar is steeds dieselfde atmosfeer wat die blommekinders van weleer aangegryp het. Ek kan verstaan hoekom hulle na so 'n stukkie paradys in ons land sou ontglip het. "