Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1989 resensies.
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"
"Fascinating architectural gems, great scenery and drives, fantastic art, food and wine. upmarket small town life. Worth going the extra mike for -and you will have to, it's a long way from anywhere!"
"Dis 'n baie skoon netjiese dorpie. Die SALT was ongelooflik, en dit is die eintlike rede hoekoms ons Sutherland besoek het. "
"Sal graag weer wil terugkom en ten minste 2 nagte op Prins Albert oorslaap. Ek glo daar is heelwat meer te sien as wat ons kon sien in die kort tydjie (1 nag oorgeslaap) wat ons daar was. "
"Pragtig! Skoon dorpie, lieflike natuurskoon, pragtige Karoonagte! Interessante winkels en eetplekke. Lekker om sommer net deur die dorpie te stap. Inwoners is vriendelik en behulpsaam. Hierdie is die ideale plek om sommer net te ontspan en rustig te wees. Die omgewing van Prins Albert is merkwaardig en mooi. Dit is beslis 'n besoek werd!"
"Die Swartbergpas is beslis nie vir mense wat aan hoogtevrees ly nie! Ek beveel eerder die pad deur Meiringspoort aan. Die natuurskoon is asemrowend."
"Pragtige dorp met die mooiste berge, karaktervol, mooiste bome langs die hoofstraat, en interessante winkeltjies om in rond te snuffel! Die Swartbergpas is 'n belewenis en die moeite werd om aan te durf!"
"Fantastiese karoodorp met van die beste restaurante wat ons ooit al besoek het met egte Karoo-gasvryheid!"
"Sutherland is baie meer as net sterrekyk. Sou definitief nog so paar dae daar wou spandeer om die res te sien en te beleef."
"Ons is oortuig daarvan dat die dorpie wel ryk is aan geskiedenis en kulturele skatte, maar daar is ook 'n steurende kommersiële invloed. Ons het die indruk gekry dat die oorspronklike karakter van die dorp verbloem word deur 'n oor-entoesiastiese toeriste-fokus. Dit wil voorkom asof die dorpie 'n naweek-dorpie geword het vir kunstenaars en stadsvlugtelinge. Soos 'n toenemende aantal dorpe in ons platteland word Pince Albert amper 'n spookdorpie in die week."
"Die dorp Prins Albert het ons baie beïndruk. Ek dink hier word ongelooflik baie gedoen vir die mense van die gemeenskap. Swartbergpas 'n moet vir die besoeker asook 'n besoek aan "Die Hel". Wow!"
"Dit was baie teleurstellend. Die inligting word swak weergegee. Naweke is die plek doodstil en kan mens niks na een uur op Saterdagmiddag besoek nie. Ons kon nie die teleskoop besoek nie, aangesien daar geen dagtoere oor die naweek is nie."
"Een van ons gunsteling dorpe. Soveel atmosfeer, pragtige ou geboue, ens. Ons het 'n vertoning in die nuwe Art Deco-teater bygewoon en was beïndruk met die pragtige teater. 'n Groot aanwins vir Prins Albert."
"Baie netjies, skoon en veilig. Baie om te doen ook baie stil. Ons het heerlik gekuier en sal definitief ons vriende vertel van Prins Albert. Die Showroom was 'n groot verassing en ons was baie gelukkig om 'n Jak de Prieter vertoning daar te sien."
"Oulike en interessante dorp. Ons het net gevind dat produkte, soos bv. konfyt, baie duur is om te koop. "
"When you're in Prince Albert, go see a movie at The Showroom; it's a fully renovated art nouveau style cinema."