Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Almal gaan na Sutherland om sterre te gaan kyk. Dit is iets besonders om te sien. Nie te ver van Matjiesfontein om vir die dag deur te ry en daar te gaan kuier. Moet bereid wees om bietjie grond pad te ry afhangende van waarvandaan jy in die dorpie in kom. Dorpie is ook ook ryk aan geskiedenis wat nie misgeloop kan word nie."
"Daar is nog baie oor om te doen wanneer ons weer teruggaan. Vier dae was nie genoeg nie."
"Sutherland se weer is baie onverwags dus kan voorafgaande reëlings partykeer nietig beskou word. Bv. wou ons die aand toer doen by die sterrewag, weervoorpellings het 'n skoon aand aangedui. Toe dit nou sulke tyd is dat mens moet begin ry toe is alles toegetrek, om eers baie later die aand weer oop te trek. Was taamlik teleurgesteld! Die omgewing is pragtig wel! Het nie veel tyd op die dorp spandeer nie."
Prince Albert Road, Kaap Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Dit is 'n pragtige, vriendelike dorp en daar is baie uiteenlopende aktiwiteite om van te kies. 'n Weggesteekte juweel van die Karoo."
"Die veiligheid en rustigheid verdien genoem te word behalwe natuurlik die skoon en netjiese omgewing."
"Matjiesfontein is definitely worth a visit. Great to see all the Victorian buildings and stunning furnishings and the old vehicles. To admire, stay at or eat at the Lord Milner Hotel, have coffee and delicious cake at the Coffee House and browse around or purchase an item at the Gift shop or visit the Transport Museum. It's like going back in time. "
Prince Albert Road, Kaap Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Die dorp het so baie om te doen! Ek het my hare laat sny, park run gedoen, Saterdag 'n markie bygewoon, plaaslike fliek bygewoon en liplekker pannekoek geëet! Almal is so vriendelik in die dorp! Prins Albert het vinnig in my hart gekruip."
"Die klein dorp karakter het behoue gebly, wat dit rustig en aangenaam maak."
"Wat 'n wonderlike en rustige Karoodorpie! Ons sal enige tyd weer teruggaan. En om die sterre daar te sien is die mooiste op aarde!"
"Dit was ons eerste besoek aan daardie omgewing en dus was elke oomblik iets nuut en `n groot ervaring!"
"Baie mooi omgewing met uitgestrekte vlaktes en interessante geologiese formasies."
"Pragtige dorp. Ons het al verskeie kere hier besoek afgelê omdat dit so 'n mooi en goedversorgde en netjiese dorp is. Ons vertrou dat die dorpsbestuur daarin sal slaag om die plek so mooi en netjies te hou. "
"Mooi omgewing en interessante dorpie, maar daar is nie baie toeristebestemmings op die dorp self nie."
"Pragtige, skoon dorpie! Gastehuise en eetplekke te kies en te keur. Die sterrewag, die lesing oor sterre en planete by Jurg Wagener,die skoon lug en ongelooflike helder sterrehemel, het dit n onvergeetlike ondervinding gemaak. Die rit oor die Oubergpas is 'n moet! "