Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Was baie verbaas, het gedink dis n klein plekkie.Ek hou van skoon dorpe - doen so voort."
"Mens rus daar. Doen oom Jurg se sterrekyk, asook die groot SALT teleskoop. Daar is baie oulike eetplekke. Dink nie dis 'n plek vir kinders nie."
"So klein pragtige dorpie wat soveel het om te bied. Die pad oor die Swartberg is natuurlik aanbeveel. "
"Definitief die moeite werd om te besoek, SALT-teleskoop, Jurg se Stargazing, stap in die veld en bietjie verveeld wees, so lekker."
"Sondagmiddagetes by die Swartberg Hotel is ongelooflik! Baie billik geprys, maar besprekings is absoluut noodsaaklik."
"Baie goeie rusplek en oornagblyplek. Pragtige natuur - die rustigheid van die Karoo word hier spesiaal ervaar."
"Mense wat Sutherland besoek, moet nie die geleentheid misloop om die geboortehuis van N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw, asook die pratige kerk te besoek nie. Dis oor en oor die moeite werd!"
"Pragtige dorp met baie om te doen en great vir fietsryers, stappers. Daar's ook lekker eetplekke. "
"Sutherland is 'n ou, maar pragtige plek. As jy van sterre hou is Sutherland die plek. Die eetplekke is ook oulik. Lekker kos, die diens is net 'n bietjie stadig. Dankie Lekkeslaap vir jul puik diens. "
"Sal weer gaan. Groot bewondering vir 'n dorp en 'n gemeenskap wat soveel doen vir hul eie oorlewing. Mag die droogte gou iets van die verlede wees!"
"Sutherland is 'n regte dorpie en 'n mens hoop dit sal altyd so bly. Die stofstrate, die gelui van 'n kerkklok, die flou straatligte is alles dinge wat Sutherland uniek maak. Die inwoners is baie vriendelik en 'n mens voel sommer net tuis."
"Ladismith is 'n interessante dorpie. Gaan eet gerus by Kanna Karo en die Klein Karoo Kombuis - uitstekende kos en waarde vir geld. "
"Wonderlike dorpie met pragtige besienswaardighede in en rondom. 'n Waarlike Suid-Afrikaanse juweel en werklik meer as die moeite werd om te besoek."
"Ons het op 'n Saterdagmiddag daar aangekom so die meeste winkels en die museum was toe. Die vloedwater-aanwysings het ons aandag getrek en ons het meer inligting oor die vloed op Google gaan lees. Sou wonderlik en insiggewend gewees het om die museum te kon besoek."
"The Karoo, and especially the Tankwa is one of the most underrated tourist destination!"
"Steek maar bietjie kers op by Gauteng se voorstede en sit spoedhobbels in Pastorielaan en die Hoofstraat op. Die 'locals' jaag soos besetenes in die strate."