Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.
"Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak."
"'n Onaangename ervaring wat byna ons vakansiegees gedemp het: daar is verskeie aanwysings na die beroemde Kokkedoor-stoor en dit laat 'n mens dink dat dit 'n besoekersaantreklikheid is. Skaars uitgeklim, hou 'n bakkie in 'n stofwolk stil en die persoon beveel ons om die (privaat) perseel te verlaat en dat die hekke vir 'n rede daar is. Ons was te oorbluf om te verduidelik dat daar geen geslote hekke was nie. Met die uitry, het ons opgelet dat die hekke na die perseel oopstaan omdat daar werkers besig was. Natuurlik het 'n mens baie respek vir mense se privaatheid, maar as die betrokke plek nie oop is vir besoek nie, waarom dan die aanwysings? Gelukkig het 'n lang wandeling deur die dorp teen sononder vergoed vir die onaangenaamheid. "
"Sutherland is baie skoon en netjies. Die dorp word goed instandgehou. - die munisipale werkers was reeds teen 6 uur besig om aan 'n straat te werk. Die sterrewag is 'n belewenis. "
"Dit het my weggeblaas. 'n Mens moet ten minste twee aande oorbly. Uniek en verseker die moeite werd om daar te gaan kuier. Sutherland het sy eie unieke bekoring."
"Hulle kan gerus bietjie meer moeite doen met aandenkings. Daar is nie veel in die winkels beskikbaar nie. "
"Die dorp bied nie veel om te sien, maar die area rondom dit en die is gastehuis absoluut die moeite werd."
"Sutherland was 'n aangename ervaring. Maak 'n draai (bespreek 'n toer) by die SAAO-tuiste van die SALT-teleskoop en eet ietsie in die dorp. Eet gerus by die "Ou Meule" - lekker kos en stewige porsies. "
"Lieflike dorpie, met pragtige huise, mooi winkels, restaurante met goeie kos, en gawe inwoners."
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert en ons het dit regtig geniet. Alhoewel ons daar was oor 2 vakansiedae, en meeste plekke toe was vir besigheid, het ons dit steeds geniet. "
"Dis 'n mooi dorpie en die SALT maak dit n volledige pakket vir 'n paar dae se rus."
"Ons het 'n 'ghost tour' gehad en baie lekker in die Hotel geëet. Ons was net daar vir een aand, maar ons wil volgende keer langer in die dorpie bly."
"As 'n mens die Karoo en hul mense wil beleef, is dit die plek om heen te gaan. En natuurlik die sterre was asemrowend."
"Pragtige ou historiese en skoon dorpie. Veral aan die onderkant waar huise uit 1850 dateer. Die mense is ook almal vriendelik."