Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5609 resensies.
"Robertson is 'n great ervaring. Net jammer dat die toerisme bedryf nie ook in die Suid-Afrikaanse prysklas is nie."
"My tyd in Die Boord was net te kort om alles te kon sien, maar ek sal dit aanbeveel aan ander."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Anna Katarina"'n Mens dwaal vinnig deur die paar besienswaardighede van die sentrale deel van die dorp. 'n Mens moet dan uitwyk na die wynplase en 'n keuse maak waar om oor 'n middagete te kuier. Ons verkies 'n rustige atmosfeer, dus sal ons altyd lekker in Riebeek Kasteel kuier. Die rustigheid en vriendelike inwoners is 'n trekpleister. Ons gastehuis, Anna Katarina, was 'n uitstekende keuse. Daar is genoeg verblyf om van te kies asook baie restaurante. Die vallei is asemrowend mooi. Waar word 'n mens nog wakker gemaak deur die gekraai van 'n haan? Ons het dit baie geniet. Ek sal dit aanbeveel."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Olyfenhuis Guest House"Fantastic town with excellent restaurants. Perfect for a weekend away."
"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "
"Ek wil graag soontoe trek, so ek is "biased", absoluut wonderlik daar."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
La Montagne Lodge"Heerlike eetplekke, interessante snuffelwinkels."
"Alles is maklik bykombaar. Gaan maak 'n draai by R62 diner en Eseltjiesrus Donkey Sanctuary by McGregor."
"Die perfekte dorpie vir die lekkerste kuier. Gaan eet gerus by The Mystic Tin; ek sal dit ten sterkste aanbeveel."
"If you like wine olives cheese then this area is one to visit. The history and culture of it and its surrounding areas is well worth investigating. It is suffering as many other areas in this part of the Cape from congestion."