Geverifieerde Resensie
Kaapsehoop
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kaapsehoop bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 347 resensies.
"Although we chose the coldest weekend to visit and travelled by motorbike, it is still a beautiful place to visit for a stop-over."
"We are fortunate to live down the road in Nelspruit, but Kaapsehoop is our favourite spot for walking our dog and exploring the escarpment and we visit almost every Sunday. It is safe and clean, but can get very busy and desperately needs toilet facilities for casual visitors that aren't going to one of the restaurants or bars."
"Wandel na uitkyk, staproetes en uitstappie na Waterval en Horse Trail baie geniet, baie mense weet nie daarvan nie. Danksy Rene, het ons nuwe mooi goed ontdek."
"Pragtige omgewing en baie om te doen in die klein dorpie. Rustige atmosfeer en voel baie veilig."
"Lekker wegbreekplek om te ontvlug van die stadgewoel, heelwat om te doen en te ervaar met aangename eetplekkies."
"Gaan definitief weer besoek aflê, hierdie keer vir 'n langer periode!"
"Troeteldiervriendelike, gawe dorp met tonne om te doen en te sien. Beste plek om pragtige foto's te neem! Live shows en baie vermaak naweke."
"Die dorpie benodig 'n bekende supermark soos Spar of groot Kafee. Nelspruit te ver vir proviante."
"Ons het die Kaapsehoop se 2 dae staproete gedoen. Die Barrets coaches en die braai-area was baie vuil. Dis jammer dit word nie na gekyk nie. Die Kaapse hoop staphut was ook vuil. Die matrasse is gaar. Daar is 'n tekort aan goeie toesig om die plekke netjies te hou. Lyk of iemand nie omgee nie. "
"Meeste restaurante slegs oop vir ontbyt en aandete. Hotel geen middagete. Sou nogal goed geld gemaak het as hulle middagete aangebied het. Daar was die naweek baie toeriste en mense wat deurgekom het vir die Vrydag, Saterdag en Sondag wat ons nog daar was. Baie het middagete gesoek wat moeilik bekombaar was. Die "Plaaskombuis" by die hotel het te min personeel gehad wat nie die toevloei van mense kon hanteer nie en baie mense het geloop nadat hulle lank gesit en wag het vir iemand om hulle bestelling te neem. Ons ook."
"Ons geniet dit altyd om weg te breek na Kaapsehoop toe. Die stilte is vir ons hemels. Net jammer dat van die plekkies toe was na die langnaweek en dat hulle eers die Vrydag daarna oopgemaak het. Ons hou baie van Bohemian en ook kunstenaar Amanda se plekkie sowel as Koek en Pan."
"Daar is baie om te sien en doen: staproetes, watervalle en eko skooters. Mooi dorp en lifelike area."
"Dis 'n wonderlike, rustige klein dorpie met vriendelike, gasvrye mense. Meeste van die huisies bestaan uit 'n ander era. Daar is ook historiese plekkies. Die begeleide toere is die moeite werd om jou by al die verskuilde skatte uit te bring. Die wilde perde in die dorpie is uitsonderlik. Ons kan Kaapsehoop aanbeveel vir al die stedelinge om net weer rustigheid en perspektief te kry."