Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9365 resensies.
"Dit is lekker sentraal na die toeriste bestemmings bv. Kaapstad , Franschhoek, Stellenbosch en selfs Hermanus."
"Skoon, pragtige omgewing om die Kaap van hieraf te ondersoek! Alle nodige winkelsentrums beskikbaar en pragtige uitsigte op Tafelberg en Robbeneiland!"
"Goed geleë tov winkelsentums, restaurante en vulstasies. Naby die Waterfront en ander strande. Dankie aan die munisipaliteit se werkers wat elke dag rommel opgetel het, die gebied is uiters skoon. Daar was sigbare polisiëring wat ons veilig laat voel het. Die busse wat so gerieflik is maak dit ook baie maklik indien jy nie jou voertuig wil gebruik nie, wens ons hele land was so goed georganiseerd. "
"Die verkeer vanaf Bloubergstrand tot in Kaapstad is net baie erg, maak nie saak watter tyd van die dag jy ry nie, maar ek dink as jy die busse gebruik is dit dalk beter."
"Dit is die regte plek om te gaan rus en besig te bly terselfde tyd. Julle sien ons sommer gou weer!"
"Die beste restaurant is die Damhuis. Kos uit die boonste rakke teen billike pryse. Gaan maak daar 'n draai veral as jy kinders het hulle speel lekker in die speelarea."
"Heerlike restaurante en naby alles. Giovanni's is 'n moet vir vroeë koffie en 'n croissant."
"Blouberg is altyd 'n hoogtepunt tydens my besoek aan Kaapstad. Ek is gaande oor die plekkie, die mense, die restaurante en sommer alles van Blouberg!"
"Hout Bay was a very nice place to stay, the only thing we did not like was the smell from the fish factory some mornings. There are lots of very good restaurants in the area, Cape Town is a short drive away."
"Dis redelik ver van al die ander besigtigings, maar is ook uniek in terme van die sonsondergange."
"Blouberg is perfek geleë, naby aan baie van die "moet sien" besienswaardighede, plus die strand is so mooi!"
"Seal Island, The Penguin Colony, Naval Museum, Simon's Town Museum and Cape Point is worth a visit."
"Lekker rustig met al die Kaapse besienswaardighede 'n hanetree van Durbanville af."