Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Daar is nie veel vir 'n toeris om te doen nie, maar dit is 'n gerieflike oorslaapdorp as 'n mens op pad is iewers heen."
"Pragtige klein dorpie geleë in 'n pragtige vallei met vriendelike en gasvrye mense."
"Die dam se sluise was wawyd oop en so pragtig om te sien na die wonderlike reën wat geval het. Pragtig!"
"Ons het net verbygery en nie die dorp self gesien nie. Die dorp is wel gerieflik geleë as 'n mens langpad ry. Die N12 vanaf Hopetown oor Britstown tot by Drie Susters is regtig baie goed met baie rusplekke wat mooi skoon is, en dis meer gesê as vir die orige 1130 km wat ons nou deur die land gery het."
"Pragtige ouwêreldse huisies in die meeste strate. Baie huis- en gastehuiseienaars besig om te verf en te bou, alles in die outentieke styl van die dorp. Museum met Anglo-Boereoorlog uitstallings en karretjie-mense was interessant. Ons het net een aand gaan uiteet. Effense swakpunt is dat die restaurant naby ons gastehuis se etes redelik vervelig was. Ons kan nie kommentaar op ander restaurante lewer nie."
"We loved Graaff-Reinet, I only gave it 4 stars instead of 5 because we were there on a Sunday and virtually nothing was open. Thankfully the Pioneer Restaurant was open for dinner and was excellent."
"Fantasties! Bly gerus vir twee aande en spandeer tyd by die museums en Karoo National Park."
"Wat 'n juweel in die Karoo. 'n Netjiese, skoon dorpie met die wonderlikste mense!"
"Gaan maak vir seker 'n draai daar. Stop, verken en geniet die dorp. Absoluut 'n plesier gewees."
"Rated four stars for travel destination as I do not know the area very well."
"Baie nice plek en deel van ons geskiedenis! Altyd 'n besoek werd!"