Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11903 resensies.
"'n Dorpie propvol bekoring en vriendelike mense, ons gesin kan dit beslis aanbeveel as 'n oornagstop."
"'n Ou historiese en interessante dorp en omgewing wat meer as net oorslaap en aanry regverdig. Bly gerus vir meer as een nag en verken en geniet wat die omgewing bied."
"Pragtig, as jy op die dam bly is dit die moeite werd, dorp self nie baie attraksies nie."
"Ons was vriendelik by die vulstasie en winkel behandel toe ons later die middag 'n paar inkopies gedoen het en brandstof ingegooi het."
"Do not stay longer than an overnight stay to the Cape. This is what the town is good for."
"As dit nie was vir die N1 wat deur Beaufort-Wes gaan nie, sal nie baie toeriste daar stop nie. Dis 'n goeie plek om te stop en oor te slaap."
"As jy afdraai van die N12 is die pad na Jacobsdal baie sleg. Daar is baie slaggate op die pad. In Jacobsdal is daar nie veel om te sien nie, die prys van vleis by die slaghuis was baie bekostigbaar."
"Pragtige dorpie met vriendelike mense. Perfek as oornagplek tussen Gauteng en die Wes-Kaap. Ons het al voorheen daar oornag en kan met sekerheid sê die gastehuise is pragtig. Daar is net nie veel om te doen in die omgewing nie, dus sal ek die dorp net as oornag aanbeveel."
"Lovely quaint little town with restaurants, supermarkets and bottle stores at walking distance."
"Van die besigheidsmense wat ons ontmoet het, is almal gasvry. Mense by die voertuighersteldienste was baie behulpsaam. Die restaurant waar ons aandete genuttig het, was gasvry en vriendelik."
"We have travelled extensively in the Karoo and love the area, returning each year to explore more parts of it and stay at different properties."
"Lovely place to stay as always. The lovely family at the Outsiders Backpackers and B&B agreed to make us breakfast even though we were not staying with them."
"Ek is aangenaam verras oor die retourasie van ou geboue met ons stappie deur die dorp."
"“The Springbuck” (voormalige Dros) is ‘n heerlike restaurant. Billik geprys en die kos is fantasties!"
"Toe die donderweer en reën begin het, was dit ’n hooftepunt. Beveel dit beslis aan vir ’n tipiese Karoo-ervaring!"
"Die dorp het baie uitgebrei wat positief is. Dit is perfek as jy afry Kaap toe en 'n rusplek soek. Baie netjies en skoon."