Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"'n Pragtige dorp met heelwat om te doen en sien. Baie veilig en hulle sal my weer sien."
"Ons het ongelukkig nog nooit Graaff-Reinet as 'n toeristebestemming besoek nie, maar slegs as oornagverblyf op pad na Gauteng of terug Kaapstad toe. Ons hoop egter om een of ander tyd 'n paar dae langer daar oor te bly, want ons is baie beïndruk met wat ons daar ervaar het."
"Ek glo Middelburg het voldoende geriewe om met Colesberg en Graaff-Reinet te kompeteer."
"Jammer dat ons nie by aankoms of vertrek die Richhmond Book Town Headquarters kon oop vind nie."
"Hou julle naam so hoog. Dit was n plesier gewees om daar te oornag. Colesberg is 'n klein plekkie met warm harte. "
"'n Rustige dorp met vriendelike mense en die ideale ligging vir 'n oornagplek na 'n lang reis."
"Vir 'n reis vanaf Kaapstad na Johannesburg, is dit 'n perfekte oornagstop om tydens die lang rit te rus. "
"Lekker by the Plattelander-restaurant op Oujaarsaand geëet. Vriendelike mense, goeie diens en waarde vir geld."
"Ons het by Granaat ontbyt geëet en dit was heerlik en baie interessant."
"Ons het 'n 'ghost tour' gehad en baie lekker in die Hotel geëet. Ons was net daar vir een aand, maar ons wil volgende keer langer in die dorpie bly."
"Ons oornag al die afgelope paar jaar by verskillende plekke en geniet dit om daar oor te bly a.g.v die ligging en rustigheid van die omgewing. Dit is ideaal vir 'n halfwegstasie om bietjie te ontspan. Ons kan die restaurante regtig aanbeveel - die kos is tops. "
"Colesberg is 'n ideale oornagbestemming - net jammer daar word nie genoeg gedoen om die kwaliteit te verbeter nie."
"Die waardering vir die geskiedenis en mooi geboue sal ek beslis aanbeveel. Ons het vanaf Victoria-Wes na Loxton gery - die mooiste kerk, die Rooi Granaat en Deon Meyer se huis. Daarna het ons deur Carnavon gery en die afdraai na die SKA geneem om na die satelliete te gaan kyk (besig met padwerke op die oomblik)."
"Nieu-Bethesda het baie meer potensiaal. Die bierbrouery was teleurstellend, want dit was baie onnetjies. Die Uilhuis was baie interessant, maar 'n mens sal graag meer oor die inhoud van die huis waar Helen gewoon het wil weet."
"Pragtige ou historiese en skoon dorpie. Veral aan die onderkant waar huise uit 1850 dateer. Die mense is ook almal vriendelik."
"Baie goeie en sentrale oornagpunt, maar as jy mal is oor hengel is dit 'n goeie vakansieplek."
"Dis 'n pragtige dorp met die mooiste geboue. Jammer dit is so droog, ons bid net dat die reën gou vir julle sal kom."