Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.

Nieu-Bethesda, Karoo

Starry Nights Guest House

"'n Bonus is die toer deur die dorpie op Jakob van Staden se donkiekar. Kry gerus sy nommer by die Uilhuis en kontak hom. Dit was ons hoogtepunt! Hy het groot geword in die omgewing en ken die geskiedenis en die plek soos die palm van sy hand. Die Uilhuis is iets besonders om te besoek. Die dorpie is 'n lafenis vir die rustige reisiger. Skape en Perde loop in die dorpstrate rond. Van die winkeltjies is slegs oop gedurende hoogseisoen. Verskillende staproetes kan in die omgewing gedoen word. Sal aanbeveel dat daar meer as een aand oorgeslaap word. Pragtige murasies en ander opsies vir die entoesiastiese fotograaf. Tieners kan die dorpie dalk as bietjie stil ervaar, maar vir ons was dit 'n lafenis vir die siel!"

Bo-Karoo, Karoo

Akkedisbult Cottage

"Groot vlaktes. Dorpe raak vervalle."

Colesberg, Karoo

Coniston Guest House

"Heerlike plattelandse dorp."

Prins Albert, Karoo

81 on Church

"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."

Graaff-Reinet, Karoo

Graaff-Reinet Inn

"Dis 'n pragtige Karoodorp met 'n ryk geskiedenis en baie besienswaardighede. Beplan om vir 'n paar dae terug te gaan om meer van die besienswaardighede te besoek."

Colesberg, Karoo

Brand Guesthouse

"Eetplekke is uitstekend en ontvangs baie goed."

Gariepdam, Karoo

Raptor Ridge Lodge

"Gariepdam is 'n ideale halfpad-oornagplek wanneer jy vanaf Gauteng na die kus reis. Ek het al by 'n hele paar plekke oornag en die meeste is heel geskik om die basiese aan te bied. Ek het egter nog nie die ideale plek waarheen ek elke keer wil teruggaan, ontdek nie (behalwe miskien Forever-oord). Aangesien tariewe meestal per persoon is, raak dit redelik duur indien die groep meer as 2 persone is."

Graaff-Reinet, Karoo

Fairfield Cottage

"Goeie plek om weg te kom van die gejaag van die lewe."

Graaff-Reinet, Karoo

Rietjiesbos

"Definitief die moeite werd. Dit was net 'n fees!"

Graaff-Reinet, Karoo

6 Parsonage Street - De Kothuize

"Pragtige dorp met mooi ou geboue. 'n Dorp met karakter!"

Colesberg, Karoo

Brand Guesthouse

"Ons het net oornag maar lekker geëet in die dorp."

Colesberg, Karoo

Annelines Guest House

"Maak gerus by Nonstop Fitment Centre 'n halweg-stop vir jou motor se meganiese checkup. Victor is die eienaar en gaan uit sy pad om jou te help. My slaapwa se wielbearings het verloor en hy het sy sleepwa s'n afgehaal om my te help. Baie dankie daarvoor."

Williston, Karoo

Dorpshuis

"Stil Karoodorpie totdat jy rondbeweeg en al die lekker ervaar. Dis voorwaar manna vir die siel. "

Prins Albert, Karoo

Yellow House

"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."

Graaff-Reinet, Karoo

Donkin 32

"Pragtige dorp."

Middelburg, Karoo

Celtis Country Lodge & Restaurant

"Baie koud vir bosvelders uit Limpopo!"

Colesberg, Karoo

Linda's Guest House

"Dorpie is baie skoon en netjies."

Prince Albert Road, Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Prins Albert is nostalgies mooi!"

Prins Albert, Karoo

Yaddah

"Great for a weekend stay. Tranquil and has the closeness of Meiringspoort, Swartberg Pass and Die Hel!"

De Aar, Karoo

Potties Guesthouse

"Racism is a very big deal in De Aar."

Beaufort-Wes, Karoo

Nostalgie

"Baie vriendelike dorpie! Brandstof ingegooi en die mense was so vriendelik."

Colesberg, Karoo

Coniston Guest House

"Stil dorpie wat meer aandag aan hul restaurante kan gee. Kos nie so goed nie, vaal en smaakloos. Verwag in Colesberg lekker skaaptjoppies siende dat dit in die Karoo is. "

Loxton, Karoo

Four Seasons Guest House

"Hier is niks te doen nie - perfek. Jy kan jou reisgenote geniet en in ontspanne atmosfeer bymekaar uitkom."

Aberdeen, Karoo

Blue Door B&B

"Blue Room is die enigste eetplek op die dorp. Baie lekker kos by die Camdeboo-padstal. Panele in die kerksaal baie besonders. Die kerk is indrukwekkend. Daar is `n paar fantastiese huise uit die dorp se gloriedae. Doen die sirkelroete via Murraysburg en Graaff-Reinet - wonderlike landskappe. En Aberdeen is net `n halfuur se ry van Graaff-Reinet af. "

Colesberg, Karoo

Coniston Guest House

"Colesberg is pragtig en die ontwikkelinge maak dit vir reisigers 'n aantreklike halfpad oornag of stop om net te verfris. Oulike restaurant en gasvrye mense in die dorp."

Steytlerville, Karoo

Royal Hotel Steytlerville

"Mense is baie vriendelik. Geen bedelaars wat ons gepla het nie. Dorpie is baie skoon en rustige area."

Prins Albert, Karoo

Onse Rus Guest House

"A charming small town with really active townsfolk doing all kinds of interesting things. Well situated stop-over for those going the Swartberg/Gamkaskloof way."

Richmond, Karoo

Be Blessed Selfcatering

"Baie oulike plekkie. Lekker geslaap en geëet."

Gariepdam, Karoo

Gariep N1 Chalets

"Daar is heelwat lekker oornagverblyf en vakansieplekke by Gariep. "

Blad
Blad 439 - Wys 13141 tot 13170
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang