Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11906 resensies.
"Beautiful and vibrant town. Perfect to stay for a couple of days when en route to the coast."
"Dis 'n aantreklike Karoodorpie en as sodanig goed om te besoek. Dit sal onregverdig wees om uitgebreide toerisme-aantreklikhede te verwag."
"Owerhede moet aandag gee aan verkeer, veral swaar voertuie wat deur hoofstraat jaag, en veral deur die nag. Hierdie probleem is 'n ernstige ongeluk wat wag om te gebeur."
"Joubertina is ideaal geleë en kan definitief as toeristebestemming bemark word. Die gemeenskap moet oorweeg om 'n geïntegreerde poging met alle rolspelers, nl. munisipaliteit, sakekamer, gemeenskappe, landbou en die plaaslike ekonomiese beamptes van stapel te stuur om die sentrale besigheidsarea bietjie te "rejuvenate" en ook geleenthede vir die verskeie gemeenskappe te skep sodat hulle klein en medium asook ander besighede kan vestig. Die dorp en streek se produkte en kunswerke as voorbeeld kan deur sulke besighede bemark word. Selfbemagtiging/bemagtiging veral in dorpies, soos Joubertina, waar werksgeleenthede min is, moet geleenthede gesamentlik vir almal maar veral die agtergeblewenes geskep word."
"Met my terugkeer Kaap toe vanaf Parys, het ek dit oorweeg om 'n ekstra dag in BFW deur te bring om die museums en ander besienswaardighede te besoek. Aangesien dit winter is, het ek daarteen besluit en wil dit definitief in Januarie doen wanneer ek weereens by Grace's Place wil oornag. Ek dink besoekes weet nie van al die besienswaardighede nie, want BFW word nie sodanig bemark nie."
"As jy van die Karoo hou, sal jy van Beaufort-Wes hou. Dit bly 'n unieke Karoo-baken, ryk aan geskiedenis en herinneringe."
"Soos die res van ons platteland, gaan alles maar agteruit daar. Dit is baie hartseer. "
"Het net oorgeslaap op pad wildtuin toe, maar sou oorweeg om soontoe te gaan vir die wolfees. Die N9 nasionale pad is in goeie toestand en nie naastenby so besig met vragmotors soos die N1 nie. Middelburg is op my lys van aanbevole oorslaapplekke op my aanbevole roete noord."
"Dit is maar 'n klein plattelandse plaasdorp. Dit is aansienlik skoner en netjieser as voorheen."
"Die ligging is maar sleg ongelukkig. Het slegte goed in die dorp gesien, maar dis nie die akkommodasie se skuld nie."
"Baie mooi, maar historiese plekke is nie meer daar nie, nie meer so baie platteland nie."
"Ek dink Richmond is 'n baie goeie keuse om die rit tussen Kaapstad en Gauteng te onderbreek vir oorslaapdoeleindes."
"Daar word definitief gewerk om die dorp mooi te maak. Lieflike natuurskoon. Kultuurerfenis. Dankie vir almal wat help bewaar."