Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2007 resensies.
"Yes I really enjoyed the trip from Cape Town to outshoorn through Barridale and will do it again."
"Die informele woonareas is 'n bietjie van 'n oogseer. Die omligende plaasareas is baie mooi. Die dorpie is mooi. Die Kango Grotte is 'n moet sien. Die diens oral is baie vriendelik en die Afrikaans was baie verwelkomend."
"Kango woodfired pizza is die beste. Ek beveel dit baie sterk aan as jy van pizza hou!"
"Maak tyd vir hierdie pragtige dorp. Draai af van R63 en ry in Bathstraat. Parkeer, loop rond en besoek die plattelandse winkels en eetplekke. Beslis die moeite werd."
"Oudshoorn is uitstekend sal baie graag weer wil terugkeer maar na Covid19, want wil baie graag die adventure-toer gaan doen by die Kangogrotte."
"Definitely a hidden gem. You would have thought that Oudtshoorn would be dry and boring, but if you are a keen hiker or active person and you love the desertlike nature with greenery then Oudtshoorn is the place for you and your family to escape the norm - even though we had WiFi, the signal got lost once in a while and that was good for us - no stress, disturbance and the people are friendly."
"In Montagu is daar meer om te doen as wat dit op die oog af mag lyk. Bo en behalwe die warmwaterbronne is daar talle ontspanningsgeleenthede. Die groot en vol karavaanpark is 'n duidelike bewys dat talle mense al bewus is hiervan. Doen maar die navorsing."
"Oudtshoorn saam met die Klein Karoo hou altyd 'n bekoring in. Ai maar die kangogrotte is 'n telleurstelling. Wat het gebeur?"
"Vriendelike dorp en mense. Heerlik in die strate geloop en kuier. Pragtige berge."
"Gratis trekkerritte as jy Cape Dry Fruit besoek op ’n Saterdag- of Sondagoggend om 11:00."
"Such a beautiful little town, and extremely tidy and neat. We attended a Golf Day at the Montagu Golf Club, and the people were just so friendly and well mannered. Wish we could have stayed longer."
"Baie skoon dorpie, net jammer Covid het die toerismebedryf gekelder en sommige winkels moes sluit."
"’n Besoek aan Montagu is 'n moet - dit is een van die mooiste dorpies in die Klein Karoo. Die berge is asemrowend mooi en die varsheid van die omgewing het 'n kalmerende invloed op enige besoeker en inwoner."
"Net jammer die plek is nie langs die see nie, anders sou ek onmiddellik eiendom daar gekoop het vir ons aftrede."
"Mooi skoon dorpie, oulike eetplekkies! Ons kon kos bestel wat by ons afgelewer is, baie lekker en gerieflik."
"Interessante besienswaardighede in 'n mooi, baie skoon en netjiese dorp."