Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2950 resensies.
"Dis ons tweede reis binne 'n jaar deur die Klein-Karoo en ons was beïndruk deur die natuurskoon, die sjarme van die dorpe die geriewe vir die toeris. Gaan dit weer doen!"
"As jy dink aan aftree definitief 5 ster aftree dorp. Of as jy nie meer lus is vir die stad, verhuis vandag nog."
"Ons het slegs KKNK bygewoon en nie ander besienswaardighede in/om Oudtshoorn ervaar nie."
"Buiten die KKNK wat elke jaar daar gehou word, is daar ook verskeie besienswaardighede wat besigtig kan word. Oudtshoorn het 'n outydse sjarme en is beslis 'n besoek werd."
"Uniek en KKNK help om daai unieke beeld te verstewig. Trots daarop dat hulle ou dorps gevoel behou en ou geboue restoureer vir toekomstige geslagte."
"Due to time constraints we were not able to spend sufficient time in Oudtshoorn. We only visited the Ostrich Emporium which we really enjoyed."
"Sal enige tyd daar kon woon, maar koeler temperatuur, die hitte is baie erg. Oudtshoorn is 'n besoekpunt vir ons al vir 27 jaar en sal altyd 'n plek hê in ons harte! "
"Vriendelike dorpie met vriendelike mense, verskeie uitstekende restaurante en blyplekke. "
"Pragtige dorpie - die padverleggings op die stadium 'n pyn as jy Swellendam/Roberson se kant toe ry en ek vermoed dit gaan nog jare neem om te voltooi. Vrugtetyd, maar geen vrugte stalletjies/winkel in die dorp wat vrugte verkoop nie en supermarkte mal met pryse! Lekker staproetes - selfs 'n stappie deur die dorp is 'n fees met al die ou huisies en geboue. Die Cape Dry winkel is 'n moet en lei jou lekker in die versoeking met al hulle heerlike eetgoed. "
"Baie mooi dorpie met verskeidenheid van dinge om te doen, plekke om te sien."
"Oudshoorn het baie te sien, maar mens mis openbare en skoon toiletgeriewe in die dorp."
"Daar is baie te sien en te doen in Oudtshoorn. Kangogrotte, Cango Wildlife ranch, volstruisplase, die waterval aan die einde van 'n lang grondpad, museums, ou geboue, eetplekke, winkeltjies. En die grootse klim-en-klouter wat ek nog gesien het by 'n padstal met ou karre, motorfietse en snuisterye (Die Smutswinkel in Langenhovenstraat). Vandat ons dit ontdek het, moet ons elke jaar daar stop vir die kinders om te speel. "