Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Klein Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2950 resensies.

Montagu, Klein-Karoo

Keisie Cottages

"Aangenaam verras oor die pragtige plekkie, vriendelike mense en lekker gekuier."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Die Rietjie

"Het voorheen gebly op Oudtshoorn, maar het geniet geniet om weer al die geskiedkundige ou geboue te sien na al die jare wat ek weg was. Die mense van die dorp is baie vriendelik. Iets wat mens nogals mis in Gauteng."

De Rust, Klein-Karoo

Accommodation @1965

"Rustige, plattelandse dorpie."

Montagu, Klein-Karoo

Pepper Tree

"Rustige dorpie."

Montagu, Klein-Karoo

The Barn Guest Cottage

"Pragtige dorpie. Ons was aangenaam verras met hoe mooi skoon en netjies die dorp is. Hoop julle wen die dorp van die jaar kompetisie."

De Rust, Klein-Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Die Fonteine

"Karuza wyne maak vroeg toe, veral oor naweke. Hou dit ingedagte as julle dit wil besoek."

Klein-Karoo

Oudemuragie Guest Farm

"Wat meer kan mens sê oor die Klein Karoo, dit bly 'n voorreg om enige deel daarvan te besoek."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Karoo Retreat Guesthouse

"Highgate is awesome, ry die volstruise. Die Cango Wildlife Reserve is ook goeie waarde vir geld."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Karoo Retreat Guesthouse

"Fantasties mooi plek met die meeste sterre in die Hemelruim wat ons nie in Gauteng sien nie."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Old Mill Lodge & Restaurant

"'n besoek aan Oudtshoorn is beslis die moeite werd en 'n goeie toeriste attraksie."

Montagu, Klein-Karoo

Peace Cottage

"Baie te sien en doen in omgewing, kopers paradys vir wyn, droë vrugte en ander. 'n Besoek aan Cape Dried Fruits 'n moet. Lekker koffiewinkels."

Montagu, Klein-Karoo

Peace Cottage

"'n Mens moet ten minste vir 'n week gaan, anders gaan jy uitmis op al die mooi en lekker goed."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Swartberger Lodge

"Kango-grotte se advontuurtoer is 'n moet. "

Montagu, Klein-Karoo

Abigail's Garden Cottage

"Beslis 'n moet stop. Veral Capedry."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Cul de Sac Guest House

"Ons ervaar Oudtshoorn as 'n vriendelike en gasvrye dorp. Oral waar ons gekom het, was die mense vriendelik."

Montagu, Klein-Karoo

Koo Karoo Guest Lodge & Self-catering

"Dit is 'n pragtige dorp en baie om te besoek."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Aloe Villa

"Baie om te doen deur die nag, maar na 17:00 niks. So kies 'n ordentlike gastehuis of hotel."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Turnberry Boutique Hotel

"Lekker plekkies om te besoek met klein kindertjies."

De Rust, Klein-Karoo

Room @ Irissa Rainbow Sanctuary

"Lekker fillet en pizza geniet by Herries."

Montagu, Klein-Karoo

Peace Cottage

"Pragtig en omring deur berge. Vriendelike mense."

Montagu, Klein-Karoo

The Rustic Easy Stay Self-catering

"Pragtige rustige dorpie met meer as genoeg besienswaardighede vir 'n naweek."

Klein-Karoo

The Kliphuis

"'n Wonderlike plek en area met baie besienswaardighede. Baie eetplekke en mooi natuurskoon. Vriendelike mense."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Cango Accommodation Units

"Baie om te doen en sien, kan dit aanbeveel."

Oudtshoorn, Klein-Karoo

Rosa B&B

"Baie skoon, netjies en veilige dorp. Ek kom gou weer."

Montagu, Klein-Karoo

Montagu Ronda-View

"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "

Blad
Blad 71 - Wys 2101 tot 2130
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem