Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2950 resensies.
"Die Karoo bekoor 'n mens elke keer as jy daardeur ry en roep mens om terug te kom. Die berge is ongelooflik fantasties. "
"In die Karoo. Lieflike kalmte in die omgewing. Mens kan regtig jou hart daar verloor."
"My eerste keer by KKNK. Goed georganiseerde fees saam met baie doen dinge in en om die dorp! Baie vriendelike mense."
"Lieflike dorpie met aangename mense en 'n groot hoop wonderlike dinge om te sien."
"Tydens die fees is daar baie shows om te kyk was dit lekker maak. Die dorpie self het nie baie om te doen nie, maar in die omliggende area is daar baie lekker en interessante plekke. Jy kan Oudtshoorn as jou basis gebruik."
"Oudshoorn het nie Uber dienste nie. Die fees het 'n diens gehad vir R10 'n rit, maar die taxi moes ook eers vol wees voor hulle vertrek het."
"Pragtig. Heerlik om die grondpaaie en passe te ry. Moet net nie haastig wees nie. Sit 2 ure opsy vir die vanaf die Lodge na Calitzdorp via die Rooibergpas."
"Baie om te eet, maar min om te doen tensy mens verder ry. Alles maak te vroeg toe. "
"Pragtige, netjiese geskiedkundige dorpie, goeie wyne beskikbaar, rustige atmosfeer."
"Montagu is 'n lekker dorpie met verskeie goeie restaurante en genoeg winkeltjies om deur te snuffel. "
"Great destination to relax and do things at your own pace. Cango Wildlife Ranch, Cango Caves, Rust en Vrede Waterfall and Wilgeneul Farm all exceeded our expectations. Town is friendly and loads of restaurants to choose from."
"Oudtshoorn self is '\n lieflike plek so baie om te doen en die mense is so vriendelik daar."
"Heerlik by die markie rondgeloop, 'n bier-proe gedoen, die droë vrugte winkel besoek, muskadel daar geproe en die aand by Mimosa Inn gaan "fine dine"."