Geverifieerde Resensie
Kleinmond
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinmond bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 617 resensies.
"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."
"Mense as julle hierdie dorpie ontdek, hou hierdie juweel stil, ons wil dit geheim hou vir onsself! Kleinmond en sy mense is 'n hartsverwarmende plek waar jy kos vir jou siel kry."
"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."
"Goeie eetplekke. Vriendelike gemeenskap. Bloubakkie groentewinkel 'n moet asook pragtige natuurskoon."
"Die wandelpaaie langs die kus is met beton uitgelê wat 'n wandeling langs die kus baie gerieflik gemaak het. Restaurante baie goed en billik. Ons sal weer gaan na Kleinmond en Klein Panorame."
"Kogelberg Reservaat het paar netjiese staproetes, veral op 'n warm dag is die Palmietrivier 'n lafenis saam met die stap."
"See uitsigte is lieflik. Daar kan net meer vermaak ingebring word omdat daar nie veel is om te doen nie."
"Dit is die mooiste omgewing - berg en see en proteas en voëls. Naby aan Hermanus. Lekker stil en pragtige see en strand."