Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1697 resensies.
"Sabie is nie te ver vir 'n naweek weg nie, sal dit aanraai, baie lekker bestemming baie om te sien en doen."
"Graskop en omgewing is iets wat mens moet sien, maar wees maar steeds waaksaam teen misdaad."
"Die eens pragtige dorpie toon tekens van verval en ek weet nie of dit ooit weer gaan regkom nie."
"It’s a great place to be, private. It’s close enough to everything we needed to do. Very nice place. "
"Baie mooi omgewing en vir Namibië se mense vreeslik baie groen, maar pragtig."
"Dis 'n ongelooflike deel van Suid Afrika wat naby baie historiese en natuurlandmerke is. Dis werklik iets om te beleef! Herfs voel vir my soos 'n beter seisoen want Sabie kan nogal nat word."
"Naby al die besienswaardighede in die omgewing. Inwoners oor die algemeen baie vriendelik. "
"Die uitsigte is pragtig, maar die paaie is vol slaggate en baie gevaarlik! Stresvol om daar te ry."
"Sabie is baie mooi, maar moet bietjie werk aan hul paaie binne in Sabie. Dis baie moeilik om daar te raai met al die slaggate."
"Almal in Sabie is gasvry en daar om te help. Vriendelike gemeenskap en pragtige omgewing. "
"Lieflike area. Pragtig geleë tussen die berge. Nodige artikels kan bekom word. Die Graskop Gorge Lift was 'n belewenis - bietjie duur, maar vir my die moeite en geld werd. Die pad na die Bridal Veil-waterval en 2 ander watervalle op dieselfde pad was regtig in gehawende kondisie, slaggat op slaggat op slaggat. Eetplekke in Sabie bied goeie diens en kwaliteit kos. Kan Cafe La Boulangerie se koffie en pannekoek met melktert-vulsel aanbeveel."
"The town itself was relatively quiet for a weekend but is is still very nice to visit. The roads in the area are however riddled with potholes so one must be very attentive while driving."
"A popular tourist destination and ideal stop-over for tourists wishing to explore the area."
"Die swem by die Mac Mac poele was heerlik. Die water is kristalhelder en die tuine, braaigeriewe en kleedkamers word netjies instant gehou. Mens kan maklik 'n hele dag daar spandeer!"
"Graskop is werklik 'n pragtige dorpie! Hoewel klein is daar baie oulike winkeltjie om in rond te snuffel. Ons was verbaas om te sien hoe die munisipale werkers op 'n Sondag vullis wegry. Die strate was silwerskoon! "