Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1697 resensies.
"Sabie is baie na aan ons hart en het nog net mooi herinneringe daar. Dorp is mooi skoon en die restaurante puik!"
"Lieflike omgewing met so baie aktiwiteite en besienswaardighede - sommer verlief op die plek. Die potholes is effens skokkend en hier en daar kan 'n paar restaurante hul diens beslis opknap. 'n Besigheid wat moet besoek word is Kestell Adventures - fantastiese variasie van aktiwiteite en beslis 'n aanwins vir Sabie en omgewing - die beste manier om Sabie te leer ken en lief te kry is deur die oë en avonture saam met Kestell Adventures. Die roete na Horse Shoe-waterval het aandag nodig en my gunsteling Waterval bly Lone Creek Falls - bly om te sien dit word mooi opgepas."
"Graskop as 'n dorp is geleë naby al die toeristebestemmings en dit is wat maak dat dit 'n goeie plek vir verblyf is."
"Die dorp het 'n paar gate in strate. Dorp skoon. Mense vriendelik. Heerlike kos, gesellige restaurante."
"Om vanaf Olifantskamp deur die Kruger Wildtuin te ry tot by Sabie was die perfekte afsaal plek."
Kampersrus AH, Kruger Tot Canyons
Kampersrus Mountain View"Vriendelik, lekker atmosfeer, netjiese verblyf!"
"Wens net ek kan op die regte tyd daar wees om God's Window te sien. Reën altyd as ons daar is."
"Sabie is gorgeous - the Craft Beer restaurant a real hidden gem! Stunning part of the country! "
"Ons het spesiaal gegaan vir die Sabie Tube Race en met die meer water in die rivier was die avontuur honderd maal beter. Jammer die bome, bosse en struike langs die water was nie weer gesny soos verlede jaar. Dit het plesier bederf en baie mense het ligte besering opgedoen. "
"Pragtige dorp met baie interessante restaurant en kuier plekkies. Natuurlik wil mens die omliggende omgewing en watervalle besoek, dis 'n heerlike vakansie en/of wegbreek bestemming!"
"Besoek gerus African Elephant restaurant. Beste kliëntediens wat ek in 'n lang tyd ontvang het. Die kos was heerlik!"