Geverifieerde Resensie
Kuruman
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kuruman bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.2 uit 5 gekry volgens 142 resensies.
"Ons het verneem dat Kuruman nie meer veilig soos 'n tipiese klein dorpie is nie. Dis baie jammer dat dit verander het."
"Kuruman self het baie opknapping nodig. Die Moffat Museum is pragtig, atmosferies, en ongelooflik histories. Onlangs gerestoureer. Definitief die moeite werd om dit te besoek. Daar is 'n probleem van diefstal in Kuruman, so wees maar bewus van jou omgewing. Die nuwe Checkers Mall is aangenaam om te besoek."
"Die Moffat Sendingstasie is onlangs gerestoureer, en is 'n besoek werd vir 'n kort geskiedenisles. Ook Die Oog waterbron in die middedorp. Anders as dit, nie veel nie. Die wetlose verkeer en taxi's het ons ondergekry, meer as in meeste ander SA dorpe. "
"Die oog is pragtig om te gaan sien, met al die visse. Die Moffat Mission was baie interessant."
"Behalwe die "Oog van Kuruman", is daar nie veel te sien nie. Dit bly uiteraard die deurgang na die Noord-Kaap en Kgalagadi."
"Kuruman het baie potensiaal. Ongelukkig beeld die dorp self nie goeie indruk weens die toestand waarin dit is."
"Dorp oor algemeen mooi. Baie druk verkeer in sentrale dorpsgebied op Vrydagmiddag."