Geverifieerde Resensie
Kuruman
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kuruman bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.2 uit 5 gekry volgens 142 resensies.
"Baie teleurstellend. Wou na die Oog toe gaan, maar dit is 'n absolute nes. Gras is lank. Leë drankbottels lê gesaai op die gras en van wat ons vanuit die motor kon sien is dit baie vuil. Daar is ook borde op wat jou waarsku dat dit 'n gevaarlike plek is. As iets nie drasties gaan verander nie, gaan Kuruman as 'n toeristebestemming van die kaart afval. "
"Vodacom se netwerk is baie swak deur die hele Kuruman. Ons het vreeslik gesukkel om selfoonsein te kry vir die meerderheid van die tyd wat ons daar was. Baie van die areas is onveilig, so maak seker besprekings vir akkommodasie word in veilige areas gemaak."
"Kuruman was altyd baie skoon en netjies, glad nie meer die geval nie. Pasop vir 4 rigting-stopstrate! "
"Lekker warm dorpie in die Noordkaap. Mense was vriendelik. Dra shorts in die somer, al advies wat ek kan gee."
"Kuruman het deesdae ‘n hoë kriminele element. Dorp is onveilig, ‘n groot jammerte want dit is so ‘n mooi deel van ons land."
"Nie wat ons verwag het nie. Dorp is vuil in vergelyking met Kathu. Kan nie eens die besienswaardighede gaan besigtig sonder waarskuwings oor moontlike kriminele aktiwiteite nie. "
"Did not feel safe at all in town. Very dirty with no maintenance to back roads."
"Enjoyed the Moffatt Mission Station and the ladies in the office there were very warm and helpful. The staff at the Kuruman Eye were very nice and it was a lovely clean, quiet oasis to visit."
"My besoek was besigheidsgerig, en ek het geen tyd gehad om die plek te verken nie. "
"I was just passing through. Good shops to buy supplies. I would not stay in Kuruman for a holiday."
"'n Tipiese plattelandse dorpie, maar net meer vuil en morsig as die ander waar ons deurgery het. "
"Vermy die middestad van Kuruman. Daar is oral borde op wat waarsku oor die misdaad in die area."
"Nie 'n toeriste aantreklikheid nie. Winkel om veilig inkopies te doen is baie moeilik om te vind."
"Ons het na die Oog gaan kyk. Onduidelik waar om toegang te kry. In hoofstraat ingestap. Personeel en persone is baie vriendelik."