Geverifieerde Resensie
Lowveld
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lowveld bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 515 resensies.
"Tzaneen het 'n pragtige omgewing met baie vriendelike mense. Dis 'n ware juweel van 'n plek. "
"Tzaneen is 'n wonderlike dorp en nadat ons vir die ander twee aande verblyf gekry het, het dit 'n aangename naweek uitgedraai!"
"Daar is 'n whisky stokery wat baie oulik is. Jy kan bespreek vir 'n toer deur die plek."
"Die dorp het redelik verval, ken Phalaborwa al jare en ry so elke 3 tot 5 jaar daardeur en elke keer gaan die dorp al meer agteruit. Wat 'n jammerte dit kan 'n pragtige dorp wees."
"Ons was te kort daar om werklik sinvolle kommentaar te kan lewer oor die dorp."
"Kan meer aantreklik gemaak word, aangesien die Kruger Nasionale Wildtuin net 'n klipgooi weg is."
"The biggest bonus is that you can enter Kruger National Park from just outside Phalaborwa."
"Baie lekker plekke en restaurante om te gaan besoek in die omgewing. Zwakala Brewery is uitstekend. Pot 'n Plow is 'n baie gesellige plekkie. Mountain Cafe is uitstekend!"
"Baie oulike restaurante, gerieflike winkelsentrums en baie naby aan die Krugerwildtuin se hek. Die dorp op sigself dink ek nie is 'n toeriste dorp nie, maar wel wanneer dit kom by dagbesoekers aan die wildtuin."
"Pragtige dorpie met skoon paaie en mooi dekor. Vermy net die middel van die dorp, mens voel nie baie veilig daar nie. "
"Eerste besoek aan die interessante dorpie (village). Die mense is vriendelik, die strate is skoon, die kos is lekker. Kan 'n besoek aan die plek aanbeveel en hoop om self weer te gaan kuier."
"Oulike dorpie. Ons sou wou gehad het dat die winkeltjies net bietjie later moes oopbly, want teen 19:00 het ons agtergekom het dat ons nie melk het nie en ons kon toe nerêns koop nie. Maar die restuarante is uitstekend met ‘n uitstekende uitsig en vriendelike mense. "
"Phalaborwa is baie naby die Kruger Park en baie vriendelike en rustige dorpie vir 'n bos wegbreek."
"Het in Tzaneen gebly vanaf 1995 tot 2000 en was geweldig geskok oor die agteruitgang van die dorp asook die dorp Duivelskloof, en ander toeriste aantreklikhede, soos Kingswalden, die damwal, Minitzanie, Coach House, Magoebaskloof Hotel, die kaasmakery, Duivelskloof begraafplaas, ens. Net Duivelskloof Laerskool is 'n oase en mens kan duidelik sien dat sommige mense darem omgee vir hul tuiste en omgewing. Ons moet ook net noem dat ons paar draaie in die berge bokant Duivelskloof en Tzaneen asook Agatha gery het en dat die plase wat ons besoek het weereens 'n plesier is om na te kyk."