Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"Gerieflik met alles wat nodig is vir 'n wegbreek van die besige stadsgeraas."
"Wou gaan kyk hoe dit nou, na 45 jaar, daar lyk. Het daar skoolgegaan vanaf 1962 - 1968. Kon nog meeste van die plekke wat ek wou sien kry, maar die dorp het baie uitgebrei. Dit was 'n nostalgiese belewenis. Sal weer gaan. "
"Alles wat 'n mens benodig is daar en dis naby aan Constantia. Moet ook noem van die lieflike restaurant "Die olifant". Hulle het op moedersdag vir ons plek gemaak al was hulle vol. Hulle kos was heerlik."
"Die dorp self het ongelukkig in 'n onveilige broeines verander vanaf jare gelede."
"Die area rondom Groblersdal is absoluut pragtig. Groblersdal as dorp self is die tipe plek waar jy net ingaan as jy dringend by die wikels moet wees."
"Baie sentraal in Limpopo en mense oor die algemeen baie vriendelik. "
"Tensy jy gaan vir iets spesifiek, maar vir 'n vakansie is daar nie veel te doen vir jongmense nie. Lieflike golfbaan en heerlike weer. "
"Polokwane is 'n besige plek met woelige mense, veral in die stadsgebied. Die bo-dorp is redelik skoon maar die CBD-gebied is maar redelik vuil. Polokwane se koppe en oop landskap is enige stadsmens se droom om te ontspan met soveel wildsplase wat baie toeriste lok. Die mense is verbasend vriendeliker as in JHB en ook nie so ongeduldig op die paaie nie. Polokwane is 'n ideale toeristebestemming."
Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
Kwanyati Lodge PRM051"The reserve is tranquil and family-friendly. The kids thoroughly enjoyed seeing all the animals."