Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 2367 reviews.
"Soos al die ander dorpe baie vuil het nie baie tyd gehad om inkopies te doen nie. Was in Mica vir gas, die diens is baie swak."
"Die omgewing is mooi, maar Polokwane is nie die skoonste dorp wat ek al gesien het nie en daar is kort-kort 'n waterprobleem."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Leeupoort Plaashuis"Bekostigbare wegbreek. Kom in baie nabye kontak met wilde diere in natuurlike omgewing. Kon so nou en dan doef-doef-musiek hoor van oorkant die teerpad, maar dit was darem nie te steurend nie."
"We enjoyed Inniberg coffee shop in the town of Haenertsburg. The town is very small but has a basic store of essentials."
"Expect for the potholes that cost me my tyre, Bela-Bela is a wonderful place with all its springs of water."
"Modimolle is naby genoeg aan Pretoria, maar in 'n area waar die voël;ewe soveel ryker is."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Hawk 630"Die dorpie is pragtig en skoon, alles wat een mens nodig het is daar, ons het ons verblyf geniet. En die diere wat vry rondbeweeg is fantasties, ons mag dankie sê vir die dae wat ons daar was."
"Die area is pragtig. Van die besienswaardighede is wel toe, of nie so maklik om by uit te kom nie. Maar as jy bietjie navorsing doen en voor die tyd bel en reel sal jy vind wat jy nodig het. Besienswaardighede is ook redelik ver uit mekaar, en ver van die spesifieke verblyf af so ons het redelik gery."
"Die dorp self het nuwe ontwikkeling en inkopiewinkels het alles wat toeriste sou benodig. Ongelukkig is die omliggende grondpaaie beter onderhou as die munisipale teerpaaie en is daar baie verwaarloosde infrastruktuur wat 'n mens afskrik."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
LaPumba"Rustige dorpie waar 'n mens kan ontspan en die natuur en diere volkome kan geniet."
"Daar is 'n koöperasie waar mens brandstof kan ingooi en basiese benodigdhede kan koop sou mens iets vergeet het, soos ons wat ons tandeborsels vergeet het."