Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 3450 reviews.
"Ons beveel Rooiberg Resort / Ukuthula Lodge graag aan vir enigiemand wat wil wegkom van die stad se gejaagde lewe. Baie dankie aan Deon, Natalie en jul span! Rooiberg beskik ook oor 'n paar oulike winkeltjies waar jy ook heerlike wafels kan geniet."
"Ek sal net voorstel dat daar inspeksie gedoen word na die netheid van die eenhede voor gaste ingeboek word."
"As jy mal is oor die Bosveld is hierdie die naaste plek om die veld, vuur en sterre saam met jou geliefdes te herontdek. Hier is altyd meer as wat mens verwag. Die mense is vriendeliker en die rustigheid wat jy inasem is beter vir jou siel as wat jy onthou!"
"Polokwane is basies 'n deurgangsroete na baie ander bestemmings en is sowat halfpad van Gauteng na die KNP wat dit 'n gewilde oorblyplekmaak. Daar is nie werklik veel toeristebesienswaardighede in Polokwane self nie."
"Mense is maar baie onbedagsaam op die pad en nie baie vriendelik in die winkels nie."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Hawk 630"As toeris is die Leeupoort taamlik ver van toeriste-aantreklikhede. As 'n vakansieplek en is dit rustig. Jy kan die natuur geniet, ja. Daar is 'n swembad, staproetes en 'n restaurant met lekker etes."
"Die dorpie is klein en nie goed instant gehou deur die munisipaliteit nie. Jy sal alles kan kry wat jy kon vergeet het in die pak proses by die OK of Spar. Dit is definitief nie 'n toerisme-stop nie."
"Bela-Bela het baie agteruit gegaan, daar is geen restaurante meer oop nie, het met inwoners gesels wat sê alles het so agteruit gegaan met Covid, wat 'n jammerte."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Tarentaal Nes"As jy rustigheid soek is dit die plek om te wees. Puik restaurant. Wonderlik om die wilde diere by jou voordeur te hê."