Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"Hulle staproetes was 'n uitdaging, maar dis só mooi uiteengesit en die natuur maak dit absoluut die moeite werd."
"Die dorp het alles wat nodig is. Behalwe vir die krokodilplase, is daar nie veel besienswaardighede nie. Daar is 'n museum naby wat toe is op Sondae!"
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Hornbill Lodge"Die beste bestemming om in die natuur te kan ontlaai."
"Sal beslis aanbeveel vir mense met groter kinders, aangesien die steil afgrond tot onder die dek van die huisie strek. Nogal uitdagend om die eerste keer met die steil paadjie af te ry met aankoms."
"Baie rustige plattelandse woonbuurt. Dit is nie in die sake gebied nie, maar baie naby, en daar is alles wat jy nodig het. Ek het veilig gevoel en die voëltjies het my vroegoggend ge-serenade - wonderlik."
"Die dorp self is maar treurig, maar daar is 'n paar oulike eetplekke en daar word gebou aan 'n baie mooi mall met al die beste winkels."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Wharthog Corner Leeupoort"Leeupoort gee vir mens 'n regte bosveld-ervaring. "
"Ons het Haenertsburg besoek tydens die jaarlikse Berry Festival en was aangenaam verras met die gehalte-restaurante en verskeidenheid stalletjies en vermaak tydens die fees."
"Bela-Bela is the best place to be if you wanna enjoy quiet atmosphere. You won't regret it, I promise you."
"Die besienswaardighede soos bv. die tuine was nie toeganklik nie en geen kennisgewings vanaf die hoofpad nie. "
"The reserve is really beautiful and scenic to drive through! Mountains, valleys, 4 dams and lots of animals. The only disappointing thing was that the lions and cheetahs were in a separate caged off area."