Geverifieerde Resensie
Lüderitz
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lüderitz bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 127 resensies.
"Die Kolmanskoptoer en 'n rit rondom die baai is hoogs aan te beveel. Dorpie is karaktervol."
"Regte vissersdorpie, maar 2 dae was lank genoeg vir ons om Lüderitz te verken."
"Lüderitz is werklik 'n baie mooi en besonderse toeristebestemming. Die Kolmanskoptoer is 'n moet!"
"Ons vyfde besoek, die beste van Namibia se kusdorpe. Van Sandwichbaai via Diaskruis tot by Grossebaai, 'n hele volle drie dae, Kolmanskop ingesluit."
"Pragtige hawe-dorp met besienswaardighede wat goed kontrastreer met die van die binneland en komplementêre aantreklikhede bied."
"This is our second visit to Luderitz, this time with our folks. We visited Kolmanskop and Diaz Point. We would highly recommend The Portuguese Fisherman for dinner. We also ate at Essenzeit, and though the food was delicious, the service was not up to par. Our dishes were not cleared from the table once we had finished our meals. The bill took a while to arrive, and even then, two of our party had their dishes sitting in front of them until we left."
"Lüderitz sal ek voorstel vir mense wat regtig net rustig wil wees. Daar is nie juis veel aktiwiteite nie, veral nie vir kinders nie, maar dis baie mooi daar."
"Lüderitz is 'n baie geskiedkundige dorp. Vakansiegangers moet weet dat daar nie moderne vermaak is nie, maar daar is genoeg vir die leergierige persoon."
"Die wind is erg. As jy 500 km kry op 'n tenk petrol, halveer dit van Keetmans tot op Luderitz. Ons was nie baie opgemaak met die diens in die winkels op Luderitz nie. Daar is wel Kolmanskop en die Diaz-kruis wat kan besigtig word en dan die perde is ook 'n hoogtepunt."
"Ons is mal oor die dorpie. Dit bied soveel geskiedenis. Die winkels en eetplekke is nie baie nie so maak net seker van die tye wanneer hulle oop is want alles is nie elke dag oop nie."
"Om Kolmanskop te besoek was nog altyd een van die dinge op my wenslysie. Die plek het 'n ongelooflike geskiedenis en is dus 'n moet om te besoek wanneer jy in die omgewing was. Ek beveel ook die Portugese restaurant aan."
"Moenie die besondere omgewing en geskiedkundige geboue en Diaz se 1488-kruis mis nie."
"Luderitz is 'n baie mooi dorp maar mens moet jouself meer tyd gun om alles te kan ervaar."
"Ons het ons Namibiese reis afgeskop met Lüderitz via Oranjemund grens. Die beste besluit ooit. "