Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3395 resensies.
"Die Watergat restaurant se diens is uiters swak. Hulle pamflet maak melding van 'n 45/60 minute wag vir kos, maar om amper 2 ure te wag en dan is die bestelling ook nog verkeerd. Sal definitief nie die restaurant weer besoek nie."
"Die Watergat restaurant se diens is absoluut swak. Na 2 en 'n half uur het ons nog geen kos ontvang nie en geen samewerking vanaf die bestuurder ontvang nie."
"Marloth Park is 'n baie lekker plek. Ons was al 2 keer daar. En het dit baie geniet. Sien baie diere en area is baie rustig."
"Baie in die natuur, met voëls wat jou wakker sing."
"Die park is n baie lekker plek met baie wilde diere . Ek sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou. Jy rus regtig. "
"We just found that the people who come to the' hides', don't understand to "be quiet". We had a lot of animals being chased off ,due the noise levels. Children and adults make a lot of noise, it scares the animals off. Maybe it needs to be addressed. We had water and power problems for 2 days, which is a pain when you are on your annual a 2 week holiday in 42 degrees. The Field security company are amazing!"
"Marloth Park self bied baie wild aan wat op jou voorstoep kom kuier. Met tye hoor jy die Visarende en Leeus. Wil amper sê dit is nie eens nodig om deur die Kruger Wildtuin te ry as jy daar kuier nie. Jy kry jou bosveld fix net daar. En die winkels het alles van vleis, kos, hout, ys. As jy net jou klere tas pak kan jy die res daar kry maar let wel goedjies kos bietjie meer daar."
"If you want the bush experience, with top self-catering accommodation, then Marloth Park is for you. We saw more wildlife in Marloth than the Kruger Park! (Large, dangerous animals aside, of course...). We got very close to giraffes, zebra, waterbuck, impala, etc. Marloth is so quiet and relaxing, but still has the necessities close by (shops, fuel, ATM, water park). "
"Baie diere wat rond beweeg, definitief gemaak vir iemand wat van die bos hou, sal sonder twyfel weer Marloth Park to gaan."
"Dit is vreeslik mooi. Sal enige tyd weer daar gaan kuier. Baie wild is gesien."
"Beveel Amazing River View aan vir heerlike steak en ons was bevoorreg om leeus te hoor brul in nag, wat 'n belewenis was. Sal weer gaan vakansie hou in Marloth Park."