Geverifieerde Resensie
Mbombela (Nelspruit)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mbombela (Nelspruit) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 684 resensies.
"Very beautiful town with warm weather in the winter. It's not as small as you think so own transport is essential for sight seeing."
"Ons was daar tydens die rugby, en het Nelspruit ervaar as 'n vriendelike stad, met pragtige natuurskoon."
"Ons het Mbombela besoek vir die rugbywedstryd tussen Springbokke en All Blacks op die Mbombela-stadion. Dit was 'n onvergeetlike ervaring! Sal graag weer Mbombela en die stadion wil besoek."
"Sommige strate in Nelspruit baie donker, as mens nie die area ken nie, laat dit mens onveilig voel om rond te ry."
"Nelspruit is 'n mooi plek en die ligging is pragtig tussen die berge. Goeie skole en vriendelike mense."
"Ons tyd was ongelukkig beperk en ons kon nie regtig alle besienswaardighede gaan sien nie."
"Dit was 'n blitbesoek aangesien my eggenoot opgeneem is in die hospitaal op pad na Mozabique vir 'n vakansie. Ja dit was 'n anti-klimaks."
"Dis 'n pragtige deel van Suid Afrika, en daar is 'n hele paar goed wat mens kan doen rondom Nelspruit. Ons sal vir seker weer daar gaan vakansie hou."
"Nie veilig by inkopiesentrums nie. Besoekers moet versigtig wees. Tydens my verblyf is vriendinne se motor gesteel en 'n ander het haar handsak en rekenaar verloor."
"Ons is baie lief vir die Laeveld en is juis besig om te kyk vir permanente huisvesting in Nelspruit, ook omdat dit naby die wildtuin is."