Geverifieerde Resensie
Melkbosstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Melkbosstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 293 resensies.
"Klein dorpie met al die benodighede vir 'n vakansie. Wonderlike klein restuarante teen die see."
"Dis 'n baie mooi plekkie sal beslis weer soontoe gaan maar nie in Desember nie."
"Die strand is baie vuil gewees met rommel ens maar dis 'n mooi strandfront."
Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand
C'est La Vie Self Catering Apartment"Nét die plek om 'n lang rustige stap langs die see te geniet. "
"Great, geen groot toeloop op strand nie en almal in die omgewing baie vriendelik en tegemoedkomend teenoor almal."
"Ons het vir die eerste keer aan die "Weskus" kant van Kapstad gebly met die doel om bietjie die gebied tot Saldanha te verken. Groot strand is heerlik as mens vir 1 uur of meer in een rigting wil stap. Darem ook nie te ver van Kapstad af nie - 40 min per motor."
"Baie lekker vakansiestrand, maar voel net dat daar meer moeite gedoen kan word om die strand skoon te maak van seebamboes."
Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand
Mini Suite"Was te kort daar om die strand te oordeel, maar die area was baie skoon."
"Melkbosstrand is 'n uitstekende bestemming vir mense wat nie werklik van die stad se gevoel hou nie. Dit voel soos platteland, maar naby genoeg aan alles wat Kaapstad en voorstede 'n mens kan bied. Pragtige strand en vriendelike mense. Die busdiens maak dit ook moontlik om na die Kaapse middestad te gaan teen billike pryse."
"Melkbosstrand is die plek waarnatoe ek altyd sal gaan, sou ek in die Kaap omgewing wees. Later die jaar is daar die IMESA Kongres wat ek jaarliks bywoon en dan sal ek sorg dat my sekretaresse my weer daar inboek. Melkbosstrand het ook baie lekker restaurante waar mense lekker saam kan kuier."
"Melkbosstrand is 'n pragtige area met baie mooi strande en n menigte restaurante waarvan ons Café Orca en Die Opstal besoek het en kos uit die boonste rakke ontvang het, beter as nie normale en baie goed geprys. Die beste Dorado dis wat ek nog geëet het ... Café Orca!"
"Melkbosstrand is 'n vakansie-vriendelike gebied. Strande is skoon, en die omgewing word goed onderhou en kom rustig voor. Veilig om te stap. Goeie besigheidsentrums, Netcare Hospitaal, en 'n hele paar restaurante naby geleë. Uitstekend vir 'n rustige vakansie."
"Sal graag aanbeveel dat meer TV-kanale, bv. sportkanaal, ook beskikbaar gestel word."
Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand
C'est La Vie Self Catering Apartment"Riebeeckstrand self is maar meestal 'n residensiële area, so dit is dalk minder geskik vir mense wat hou van baie winkeltjies en restaurante. Melkbosstrand is wel baie naby, en met die puik busdiens kan mens eintlik maklik enige plek heen gaan van daar af. Dit is meer bekostigbaar as ander dele van die Weskus, en die strande is baie skoon en stil. "
"Baie oulike plek. Die see is net vrek koud daar. Maar dis heerlik vir sommer net stap, honeymoon of net rustig wees. Sal nie die kinders saam neem nie, hulle sal ons die mure uitdryf omdat hulle nie sal kan speel in die see nie, ons is binnelanders en ken nie van "surfing" nie."