Geverifieerde Resensie
Mookgopong
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mookgopong bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 301 resensies.
"Die paaie, en dorp lyk soos baie van ons plattelandse dorpe. Verwaarloos. Tog het ons wonderlike diens gekry by Spar."
"Die paaie lyk beter as Desember laas jaar - aansienlik minder slaggate."
"Naboom is 'n klein dorpie met 'n paar goeie restaurante en aktiwiteitsbestemmings net buite die dorp. Sal die dorp se CBD vermy so ver moontlik."
"Buitewyke van Mookgopong is baie mooi en rustig, die dorp self nie so baie nie. Klein en vuil."
"Dorp besoek jy net as jy verplig is. Dis naby genoeg, maar stel voor jy vat alles saam wat nodig is. Paar plekke soos slaghuise is goed, maar pryse dieselfde as enige plek."
"We couldn't find some of the restaurants. Stores are closing early. There is only one chemist."
"Ken Naboomspruit al van 1964 af, bly steeds 'n lekker klimaat somer en winter. Daar is genoeg wildsplase in die omtrek om te besigtig. Inteendeel het die Munisipaliteit spesiale watergate in die strate gemaak sodat die wild kan drink as hulle deur die dorp beweeg."
"Die teerpad na die vakansie-oord is net nie mooi nie - niks wat die vakansie-oord kan doen nie."
"Pragtige dorpie en vriendelike mense en baie wildreservate en vakansielodges - alles rondom en binne bereik. Skoon en netjiese dorp."
"I struggled getting help with parts/places to repair my car because resources are so limited in this area, as it is a small town. The part I needed was very small, but not available. I had to get help from Pretoria."
"The nearest commercial shopping places are out of town. There is a Spar in the town where you can get basics. Also good to play the local golf course (Naboomspruit)"
"Gaan nie veel aan in hierdie dorpie nie, veral nie na 3 in die middag nie. Sou graag wou gaan uiteet Sondagaand, maar moes maar wegneemete kry."
"Soos al ons klein dorpies is dit deesdae maar verniel en hulle kan gerus die dorpie bietjie skoon maak. Gelukkig bly mens darem 'n entjie buite die dorp."
"I wouldn't rate the town of Mookopong so much, but the surrounding areas have a lot to offer and is within 2 hours drive from Johannesburg."
"Meeste van die besienswaardighede in die area is toe, ons neem maar aan as gevolg van Covid. So daar is nie juis veel om te doen nie."
"The roads are really crap with lots of potholes! Got bad service from MBT petrol attendants, but the rest of the town was friendly and have a relaxed atmosphere."