Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Mense is vriendelik en behulpsaam. Al wat sleg is is baie plekke is toe omdat dit buite seisoen is. Skoon plek!"
"Mosselbaai en Hartenbos lê baie na aan ons harte. Ons ry altyd met 'n hartseer hart daar weg terug Kaap toe."
"Ek is baie mal oor Mosselbaai se weer. Sal enige seisoen daar kuier. Die plek het baie om te sien en doen."
"Baie mooi omgewing en veilig om in vakansie te hou. Ook is dit vir ons lekker om in so 'n skoon omgewing te kan kuier en te sien dat die strate heel en skoon van rommel en papiere is."
"Daar is genoegsame besienswaardighede en vermaak in Mosselbaai. Goeie ligging om ook uit te beweeg na plekke rondom Mosselbaai. Die strate en plekkies in en rondom Mosselbaai is mooi skoon en baie vriendelike mense."
"Mosselbaai is kalm, baie mooi en het vriendelike mense. Beste plek om vakansie te kom hou. Ons het elke hoek en draai bewonder en baie geniet om al die strande te besoek. Santos Beach is ons gunsteling. Al die dae wat ons daar was was die see daar baie kalm gewees. Mosselbaai is baie skoon ook, veral die strate. Die lug is vars en die atmosfeer soos voedsel vir jou siel. Mosselbaai sal ons gesin beslis weer sien en dis ideaal om net bietjie van al die stress ontslae te raak daar en daar is heelwat om te doen. "