Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Jy kan alles kry wat jy nodig het soos in die stad, maar sonder die gejaagdheid van die stad."
"Mosselbaai is maar altyd die plekkie waarheen ons gaan as gesin om bietjie weg te breek. Strand en eetplekkies naby so wel as winkelsentrums. Altyd 'n wenner."
"Mosselbaai is een van Suid-Afrika se skoonste en bes-bestuurde dorpe. Dis oral sigbaar en daarom was dit vir ons 'n plesier om daar vakansie te hou."
"Lekker klimaat. Naby ander toeristebestemmings. Goeie restaurante. Dorp is veilig en skoon. Interessante winkels."
"Baie om te doen. Van die poskantoor-boom wat oor die 500 jaar oud is, Ziplines, opstap-roete na die lighuis en heerlikste koffie by verskeie koffieshops."
"We love Mossel Bay and try to visit at least once a year. The climate is great and has lovely swimming beaches."
"Steeds die mooiste see van alle plekke in Suid-Afrika. Alles skoon, netjies en goed versorg."
"Those who have not traveled much can rate 5. Point of Human Origin is a must though."
"Mosselbaai is 'n bedrywige vakansie plek met baie besoekers. Gedurende Covid was daar sprake dat die vakansieplek baie minder mense as gewoonlik gehad het. Indien jy en jou familie hou van 'n bedrywige vakansie plek is dit die plek vir jou."
"Met strande en pretparke wat gesluit is tydens die inperking, moet ouers meer vindingryk raak met kinders besig hou. Mosselbaai het gelukkig meer as net strand."
"Wow! Net té veel dinge om te doen en té min tyd. Ryk aan geskiedenis en mense-samevoegings. 'n Heerlike kusdorp met baie interessante ou geboue. Dis 'n móét!"