Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Die mooiste vakansieplek in SA, ons as gesin gaan al vir jare soontoe ek sal baie graag eendag daar wil gaan aftree, tot dan sal ons vir seker elke vakansie moontlik gaan kuier in die pragtige Mosselbaai."
"Mosselbaai is die wonderlikste plek op aarde. Netjies, skoon en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Binneseisoen moet dit vrek besig wees hier. Vir ons wat buiteseisoen gegaan het, was als 'n bonus. "
"Mosselbaai - Danabaai. Nie baie strande vir swem en op die strand kan wees."
"Heerlike gholf gespeel en langs die see gestap. Eetplekke is gerieflik naby en winkels is goed toegerus."
"Fantastiese plek. Almal baie vriendelik en so behulpsaam. Ek en vroulief het toe sommer uitgekyk vir huise en besluit ons gaan 'n vakansiehuis koop en dan is ons langtermyn-beplanning om Mosselbaai toe te verhuis."
"Besienswaardighede nie goed geadverteer, bv. Edenbrouerye. Op Facebook, Google Maps maar geen naamborde Toerisme-inligting weet nie van hulle nie. Dorp baie skoon. "
"Baie sentraal geleë op die Tuinroete. Uitstekende restaurante en besienswaardighede. Pragtige, skoon dorp met die mooiste ou geboue."