Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Dit voldoen aan al ons behoeftes en nog meer. Veilig en gerieflike naby lughawe sowel as winkelsentrums indien benodig, maar ver genoeg vir 'n bietjie rus en stilte."
Sentraal Mosselbaai, Mosselbaai
Bay Vista Guesthouse"Was net bekommerd oor ons motor in die straat geparkeer moes staan. Maar Johan het ons verseker dat hy enige ongewenste gaste sou laat spaander. Miskien kan julle dalk net voorsiening maak vir veiliger parkering om gaste meer gerus te laat voel. "
"The aquarium was a bit disappointing, think they can improve on that. It is not about the fee, but what you see."
"Restaurante moet net duideliker aan gedui word, by die hawe en omgewing."
"Baie aangenaam en Danabaai uitstaande. Alles is skoon, netjies, werkend en boonop rustig en veilig. Ons sal graag weer 'n draai daar maak."
"Baie veilig, niks om oor bekommerd te wees nie. Alhoewel jy nie regtig die see kan sien nie, is dit net lekker om te weet dat jy wel by die see is."
"Die plek om te wees. Naby aan al die omliggende dorpe met die allermooiste see reg by jou. Werlikwaar spesiaal!"
"Ek het 30 jaar in Mosselbaai gebly. Sal in 'n oogwink terug trek. Dis nie verniet 2 jaar in 'n ry dorp van die jaar nie."
"Dis so gewild dat dit moeilik is om akkommodasie te kry vir groot familie oor die Desember/Januarie vakansie."
"Redelik sentraal geleë, naby Bayview Hospitaal en die Helderberg Mall. Die strand is pragtig skoon en die uitsig is onvergelykbaar."
"Was seker 30 jaar laas in Mosselbaai. Baie uitgebrei, mooi deel van SA."