Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Die dorp self word nie geonderhou nie, een groot slaggat. Maar dis 'n baie mooi area. "
"Dit is een van die min dorpe wat nog mooi skoon en netjies is en waar ek opgelet het dat als in plek is en werk. Die mense daar is baie vriendelik en baie behulpsaam."
"Hazyview is baie sentraal geleë. Die Panorama-roete, die Wildtuin en Nelspruit is baie naby. Maklik toeganklik. Paaie na Abie en Graskop baie swak. Uiters swak."
"Ons geniet Marloth elke keer. Beslis een van ons gunsteling bestemmings."
"Die winkels wat leeg staan, bekommer my. Hoop nie die plek loop dieselfde paadjie as Pelgrims nie."
"Aanbeveling. Vra vir 'n kaart van Marloth Park as jy 'n vreemdeling is. Verdwaal maklik tussen klein grond paadtjies en bosse wat almal eenders lyk!"
"Vanuit Graskop kun je de mooie watervalroute en de blyde river route rijden. Prachtige uitzichten. Je kunt heerlijk eten bij Harrie's Pancake!"
"Munisipaliteit kan bietjie aandag gee aan sommige paaie. Baie diep slote en groot klippe in pad. Maak dit moeilik om met standaard voertuie te ry."
"We have used Marloth Park as a base to the Kruger a number of times over the years. Every time a "winner". "
"Een fantastiese dorp. Die enigste negatiewe kommentaar is die slegte paaie in die omgewing."
"Ek en my seun is van Kaapstad af, ons was in Dullstroom vir 'n troue. Alhoewel ons baie lekker gekuier het vir die 5 dae, was dit vreeslik koud gewees, maar die meeste van die eet plekkies het binnehuise kaggels of verwarmers. Die mense in die dorpie self is baie vriendelik en behulpsaam. Die lug is baie vars en skoon en dit is 'n ideale plekkie om uit die gejaag van die stad te kom."