Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1373 resensies.
"Blomme baie mooi. Toeristewinkel in Garies baie duurder as ander toeristewinkels!"
"Ons kan Kamieskroon aanbeveel as bestemming tydens die blommetyd in Namakwaland. Kroon Lodge is vir seker 'n oornagplek wat ek op my lysie van goeie ervaringe sal hou!"
"Uitstekend tydens blommeseisoen en ook as oornagbestemming op reis na Namibië."
"Namakwaland behoort as 'n nasionale gedenkwaardigheid geklassifiseer te word. Die blommeprag lê nie net in die velde kleur nie, maar veral die juwele as mens uitklim en biejie stap - met jou oë op die grond om jou. By elke stapplek behoort 'n inligtingsbron te wees waar mense die name van die plante kan leerken. Goegap kan hier aanbeveel word. Klein besighede kan veral in hierdietyd met meer inisiatief bedryf word en nie sommer net hul deure sluit nie!"
"Springbok het 'n goeie infrastrktuur om aan besoekers se behoeftes te voldoen."
"Mense kan gerus die dorpie te voet verken. Gaan kyk veral wat aangaan by die kerksaal, daar is uitstallings en dinge te sien oor die omgewing. Ook is daar allerhande goed van hout tot koek en kospakkies te koop. Ons het kennis gemaak met die dominee se vrou (Gerda), en sy het ons omtrent 'n les gegee in blomme. Sy het ons ook gaan wys in die tuine hoe die blomme lyk en wat hulle name is. Wat 'n belewenis!"
"Ek dink elke toeris wat daardie omgewing met blommetyd besoek, moet op Soebatsfontein oornag. Unieke ervaring. "
"Dit is 'n uitstekende plek om blomme te kyk. Die blomme in die omgewing was fantasties!"
"Verken die omgewing. Klim uit die kar en stap. Grondpaaie goed in stand gehou, ’n sedan-kar kan maklik die omgewing goed verken. Ondersteun die teekamer en verkope in die kerksaal gedurende die lente. Om Kuiervreugde te besoek is aan te beveel. Blommekyk is gratis - ondersteun asb. plaaslike ekonomie op soveel ander maniere as moontlik."
"Die infrastruktuur het nie bygehou met die ontwikkeling in die dorp nie. Die paaie in die dorp is in 'n haglike toestand met diep gate in die teer."
"At the height of the tourist flower season, you would expect Springbok to be welcoming to visitors, but in our experience, this was not the case. There was no operating visitor information in the town and restaurants were shut on weekends. Other people we met in the area had also been snubbed by resident locals when asking for advice or directions."
"Ideal for viewing flowers and a number of other historical occurences"