Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1373 resensies.
"As daar 'n teerpad is om die dorp te bereik, sal dit makliker wees om besoekers te lok."
"Die natuurskoon is iets baie besonders in Namakwaland. Ver van jou huis en steeds kry jy die gevoel van tuis wees. Dis regtig pragtig en sal definitief weer besoek. "
"Ek dink met tyd sal dit ontwikkel. Op die oomblik is dit ou inwoners wat terugkom om die plekke te besoek waar hul gewerk of grootgeword het. Die museum is beslis 'n besoek werd."
"Be prepared for barren and harsh countryside - hot and dry, yet starkly beautiful. "
"I must say it is my first experience at Mc Dougalls Bay. It was awesome to be there."
"Ideal for families and those loving the beach. Not for those looking for culture (Port Nolloth's only museum is no more). Also very disappointing restaurants, with the exception of Vespetti, expensive and very basic."
"Dit is 'n interessante wêreld. Dit was 'n eerste besoek dus was alles redelik oorweldigend heeltemal weg van die beskawing, natuur en see is anders maar tog genoeg om te sien en te doen. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. 'n Plek wat jy op jou bucket list moet sit as jy daarvan hou om die onbekende te verken en om meer van die Weskus te leer en te ervaar! Sonsondergange is onbeskryflik mooi. Sal weer hier wil kom kuier!"
"Kleinzee is ongelukkig 'n bietjie ver geleë en toegangspaaie is relatief swak. Indien die toegangspad vanaf Port Nolloth verbeter word behoort Kleinsee baie meer toeriste te lok. Pragtige strand en rotspoele. "
"Springbok was 'n yslike verrassing - dit is 'n baie groter dorp as wat ons verwag het, en is alles daar wat jy sou benodig. Almal met wie ons te doen gehad het was baie vriendelik en hulpvaardig."
"Mc Douglas Bay is a very nice and calm place. It is mostly nice if you just want a quite, relaxed getaway from home. I would definitely go there again in future. There is just one thing worrying me though. Port Nolloth as a whole should be a tourist hub for the whole of South Africa and the neighbouring countries, but the government isn't doing it any justice because there isn't much going on there. There's no development at all and it seems like a neglected town. The Northern Cape provincial government would be making a lot of money through tourism if it was investing on it. Port Nolloth needs development. "
"Namakwaland is vir ons baie mooi geniet dit baie om daar te toer en die omgewing te verken. Ons sal enige tyd weer daar gaan bly as ons die geleentheid kry."
"Ons het ongelukkig te laat gedraai om die gedugte blomme-prag te kon beleef. Nietemin was die omgewing mooi en het ons die natuurskoon geniet."