Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1373 resensies.
"Uitstekende ligging in blommetyd. Opmerklik vriendelike mense in die dorp."
"Die verwagting was om meer blomme te sien in die omgewing, maar ons het nogtans die verblyf in Springbok aangenaam gevind."
"Besonderse natuurskoon en oor die algemeen vriendelike mense. Die verblyf by B&B's en selfsorg behoort oor die algemeen werklik aandag te kry, veral m.b.t. besoekers uit die buiteland wat beter gewoond is."
"Absoluut pragtige omgewing. Ek het gewaag om op te ry na die Vodacom-toring, en die uitsig was die moeite werd. Ek sal die rit nie aanbeveel vir almal nie!"
"Ek dink die stadsraad kan soveel meer doen om toerisme te verbeter. Springbok is 'n goeie wegspringplek om Oukiep, Nababeep, Port Nolloth, Hondeklipbaai te verken, maar buite Goegap gaan daar nie veel aan in die dorp self nie."
"A fantastic and rustic atmosphere you only experience in this part of the country. Quiet, clean and fantastic road network."
"6 jaar gelede was daar oral pragtige blomme. Namakwaland het sy bekoring, maar nie kamp by Skilpad Farm nie."
"Was bietjie teleurgesteld met blomme in sekere areas. Blomme in Nieuwoudtville omgewing was uitsonderlik."
"Jammer van die groot afstand vanaf Pretoria, anders sou ons elke lente daar wil wees. Dis nog goeie outydse Afrikanermense daar en die natuur is van 'n mooie, ruige soort. Die tyd was gans en al te kort om lekker in die plek te kan kuier!"
"Beautiful, peaceful, laid back and friendly town. Truly laid back. Just do your shopping in Springbok!"
"Namakwaland kan goed wees as daar mooi blomme is, maar dit sal afhang van die seisoene. "
"Springbok is 'n pragtige dorp tussen klipkoppe. Springbok lodge en restaurant is werklik 'n besienswaardigheid om nie te mis nie. Koop die lekkerste vars dadels daar en kry al die nodige advies."