Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1373 resensies.
" Namaquland is beautiful and fascinating - culturially, historically, the vegetation, the geology. "
"Alhoewel ons slegs deur Springbok gereis het, het dit voldoen aan ons behoeftes tov winkels en restaurante."
"Wonderlike omgewing. Die Noord-Kaap is 'n moet vir almal wat dit nog nie besoek het nie!"
"Nie veel kans gehad om daar rond te ry nie omdat ek die hele oggend in die Goegap Natuurreservaat, 4 km buite die dorp, deurgebring het! Dit was BAIE DIE TYD WERD Interessante plantegroei (ook buite die blomseisoen), ruwe klipkoppies, gemsbokke, springbokke, sebras en voëls. Die twee wandelroetes se aanwysers in die veld moet beslis opgradeer word, maar net die stap in die veld was al pragtig. Op Springbok inkopies gedoen vir vars vrugte, eiers en kaas by die plaaslike Spar, 'n uitstekende winkel. Pella, oos van Springbok, is ook 'n lang besoek werd."
"Sou graag meer inligting t.o.v. die kopermyn wou sien asook die padtekens daarvoor. Heerlik vakansie gehou en dit baie geniet. Mense is baie gasvry en vriendelik."
"Aangename klein dorpie. Beslis 'n goeie plek om te oornag oppad en terug van Namibia af. "
"Dus 'n rustig dorpie. Met 'n baie mooi omgewing en mooi huise. Die mense is vriendelik. Goeie omgewing om fiks te bly a.g.v. van steil strate, klimaat en bergroetes. "
"Heerlike platteland en baie rustige atmosfeer, sal weer daar aandoen, wil nog eendag meer in die Noord-Kaap reis en besigtig."
"Sprinbok's residents are friendly, especially the staff at shops and the service station."
"Het nie lank genoeg vertoef om terugvoering te gee. Wat ons gesien het was om van te hou!"
"Ongelukkig nie lank genoeg in Springbok vertoef om dit as 'n toeriste-bestemming te kan ervaar nie. Dis egter 'n pragtige, skoon dorp met baie vriendelike mense!"
"Sprinbok is a very busy town. We enjoyed the restaurants. People were friendly every where. Quite a bit to see in surrounding areas."
"Springbok is uniek, ons hou baie van Springbok, die mense daar is baie vriendelik en behulpsaam."
"Vriendelike mense goeie kos maar sou graag meer in diepte wou gaan in die geskiedenis van die plekkie."
"Kamieskroon is 'n belangrike biosfeer in die land. Besoekers kom gewoonlik vir die blomme."