Geverifieerde Resensie
Nature's Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nature's Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.9 uit 5 gekry volgens 129 resensies.
"Lovely beach to walk and lagoon. An opt out restful place for a couple of nights."
"Lovely for a relaxing weekend away from everything but also plenty to see and do with the sea and lagoon and many hikes and walks."
"Nature's Valley is fantasties! Ongelooflik rustig en die natuurskoon is van die beste in die wêreld! Gaan stap gerus gedeeltes van die Otter-staproete en neem jou kanoe en SUP saam! Ons het 'n fantastiese tyd gehad!"
"Natuur is pragtig. Ons het die wandelpaaie, see en restaurant vreeslik geniet! "
"Mens wil amper nie die geheim uitlap nie. So ongerep, dit voel soos 'n ander planeet. Bos en see. As jy fiks en beweegbaar is, is daar geen ander plek om beter te ontspan nie."
"Was en bly een van my geliefkoosde plekkies om te besoek. Was lekker om die hele naweek daar te kon spandeer."
"Nature's Valley is definitief een van die mooiste bestemmings langs die Tuinroete, indien mens lief is vir die natuur en die see. Hemel op Aarde!"
"Lovely hiking trails, beaches, forest, estuary for swimming and paddling, roads and trails for cycling. Good place for people wanting to spend time outdoors."
""Nature's Valley" is presies wat die naam vir jou sê: beeldskone natuur wat weggesteek is van al die stadsgeraas. Die see, lagoon, wandelpaaie, kanovaart, visvang, natuurskoon met asemrowende uitsigte, als is daar. Dit is vêr genoeg vanaf al die 'har-war' van die besige dorpe, maar naby genoeg om gou dorp toe te ry indien mens iets benodig. Daar is 'n winkeltjie en restaurant met die mees basiese benodighede op die dorpie self, asook ander eet en kuier plekkies in die nabyheid. Hierdie is beslis nie die plek vir die persoon wat van die stadslewe, winkelsentrums en kuierplekke hou nie, dit is presies die teenoorgestelde: natuurskoon, rustigheid, familietyd, rustyd ... hier kan 'n mens die Skepper se handewerk beleef."