Geverifieerde Resensie
Nieuwoudtville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieuwoudtville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 213 resensies.
"Daar is nie baie winkels of restaurante nie. Maar, die plaashuis het goeie geriewe om lekker te braai en self kos te maak. Baie mooi natuurskoon net so paar km buite die dorp. Ongelooflike prentjiemooi kerk."
"Pragtige klein dorpie. Ongelukkig het hulle net een Spar wat die dag met ons aankoms 13:00 toegemaak het ons het hom met so 15 min gemis. Man by vulstasie was redelik ongeskik toe ons vra oor ander moontlike kafee in dorpie. Pragtige watervalle net buite die dorp."
"Nieuwoudtville is 'n pragtige rustige plattelandse dorpie met vriendelike mense en mens voel veilig daar. Daar is baie om te sien en te ervaar in die omgewing."
"Nieuwoudtville is 'n netjiese, karaktervolle dorpie met baie besienswaardighede binne die dorp en omliggende area. Die mense is vriendelik en hulpvaardig."
"Wonderlike blomme en 'n pragtige klein dorpie met vriendelike en behulpsame mense."
"Die NG Kerk daar is 'n indrukwekkende gebou wat beslis besoek moet word."
"Die Nedersetting is 'n baie groot bate vir die dorp. Groot geleenthede kan nou met swier daar aangebied word."
"Pragtige dorpie met 'n ryk geskiedenis en baie besienswaardighede in en om die dorp."
"Besighede dra nie by om reisigers se lewe te vergemaklik nie. Winkels en restaurante in die dorp sluit te vroeg. "
"Niks om te doen In die dorpie nie. Sal nie weer die tyd en koste aangaan om soontoe te gaan nie. "
"Nieuwoudtville was fabulous for wild flower viewing, even in a mediocre flower year (early rains and hot, windy post-rain period). The quiver tree forest was interesting, Matjiesfontein farm had great flowers, and the town has some wonderful old sandstone buildings."
"Pragtige dorpie met blommetyd en baie vriendelike mense. Die blomme op Matjiesfontein was pragtig en die moeite werd om te sien."