Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"Sou graag die Williston Mall en die eetplekkies wou besoek, maar Level 4. Dorpie lyk baie mooi."
"Baie koud gewees, die vorige aand gesneeu (eerste keer in 'n lang tyd). 'n Oorslaap in die dorp word aanbeveel."
"Definitief een van ons gunstelingplekkies op ons roadtrip! Skoon dorpie wat goed onderhou word. Pragtige ou kerk en ander geboue."
"Vriendelike diens by koöperasie toe ons brandstof ingegooi het. Lekker koffie gedrink by ou meule."
"Heerlike lamsvleis by Karusa gekoop en bestel - lewer af in die Boland - vriendelike diens. Pragtige kerk!"
"Hondeklipbaai is 'n baie klein, stil dorpie. Ons het twee aande by Nicky oornag om die skeepswrakketoer van Dudley Wessels by te woon. Dit was 'n besondere daguitstappie gewees en ek kan dit definitief aanbeveel. Moet 4x4 vir die roete bring. Geen groot winkels, so bring maar jou vleisie en goedjies saam om 'n lekker braai op jou stoepie reg by die see te geniet."
"As jy wil wegbreek uit die stad en jouself weer wil vind sal ek dit hoogs aanbeveel."
"Die toegangspaaie na verskeie van die verblyfplekke verdien opknapping. Ek het die idee gekry dat die meeste strate nie geteer is nie. Dit kan gasthuiseienaars in 'n mate benadeel. Let wel: Dit is 'n munisipale probleem!"
"Pragtige baai, rustige dorpie. Moenie veel verwag nie, daar is eintlik niks. Jy gaan soontoe vir rus."
"Na die streeksreën loop die pragtige waterval 'n paar kilometer buite die dorp. Dis 'n moet sien. Pragtige berglandskap in die omgewing en op pad na die Kokerwoud. Sien uit om die blommeskouspel te sien in Augustus/September."
"Dit is 'n besonderse besige dorp en jy soek partykeer waar jy moet wees. Jammer dat ons nie die keer die beste Steakhouse kon besoek nie - ek praat van die Taurin."
"Ongelooflike mooi vistas met lekker, onverwagse verrassings. Klim uit die voertuig en waardeer die omgewing. Goeie kamera en verkyker is 'n moet."